SINODESITTING

7-10 OKTOBER 2024

Ons kuier saam by Weesgerus. 

Korrespondensie

Vind die nuutste dokumente hier.

Familienuus

Vind die nuutste Familienuus hier.

Teken in op die FamilieNuus.

#Yskasstories

Gemeentes

Gemeente-kontakinligting met kaartuitleg

Nuus

Familienuus

Taakspanne

Projekte van Oostelike Sinode

Argief

Bewaringsinligting

Huweliks-bevestigers

Huweliksbevestigers

Finansies

Alle inligting met betrekking tot Finansies

Personeelsake

Gemeente verantwoordelikhede ten opsigte van Personeel

Familiereëls

Familiereëls en Kerkorde

Stories vanaf ons barmhartigheidsvennoot - CMR

Nuutste stories vanaf ons maatskaplike werkers

'n Storie van hoop

Sussies uit die kloue van dood gered

…die kind sou gesterf het…

Uit die pen van Mev. Dina Bosch (CMR Waarnemende Direkteur)

TERUGVOER

Ons 22 maande was POPPIE by ‘n Pediater. Volgens die Pediater moet sy ‘n MRI & CT scan kry om alle moontlikhede van ‘n gewas agter haar blinde ogie uit te skakel.

Ons is dankbaar om mee te deel dat ons POPPIE reeds ‘n CT-scan kon ontvang het. Met dié CT-scan kan moontlike ander probleme geïdentifiseer en aanspreek word. Die MRI gaan onder narkose gedoen moet word, dus sal daar ekstra hospitaalkostes, ens. wees

Vir enige navrae kontak Lizette Albasini, lizette@cmroos.co.za 082 412 8436

Dit was ‘n Woensdagmiddag toe Ramona van die Cullinan-kantoor twee dogtertjies red.

Die twee dogtertjies was verskriklik vuil. Hulle sou dikwels kleuterskool toe kom met dieselfde klere, wat hulle die vorige dag aangehad het, koud en honger. Die kliniek, kleuterskool en die verhuurder het die ouers gerapporteer.

Die jongste een van 22 maande is te vroeg gebore. Sy kon nie loop of kruip nie en sou omval as sy probeer sit.  Dié kind was die vorige dag só siek dat die kliniek haar na die BHS-hospitaal toe gestuur het. Die baba was heeltemal ontwater en moes twee binneaarse drups ontvang.  

Nadat Ramona en Secret die kinders verwyder het, het hulle hul na ’n Plek van Veiligheid geneem. Die meisies het gewillig ingeklim en soos muise in die motor gesit. Die jongste het aan die slaap geraak.  Die vierjarige vuil en verwese langs haar.

Die ma was ’n bietjie hartseer. Die pa het min gesê. Mamma het positief vir die dwelm crystal meth getoets en het ook genoem dat hulle sukkel om dié verslawing te oorwin. Daar was min kos en die huis was verskriklik vuil. Klere het die hele wêreld vol gelê. Dit was al laatmiddag en die ma het steeds met die kinders nog gelê en slaap. Hul haartjies kliphard soos die van varkies, só vuil was dit.

Daardie aand het Linda en Tannie Ruby van Huis Benjamin die kinders versorg. Die sussies het hul longetjies skoon geskreeu in die bad – hulle het nie bad en harewas geken nie. Die badwater was swart so vuil was hulle. Hulle het die kos wat Ouma Linda vir hulle gegee het verorber. Die oudste sussie het dadelik met maatjies begin speel en sou selfs op haar skopfiets ’n motorfietsryer van die Hell’s Angels ore aansit.

Die jongste het egter steeds die hele tyd snaakse kermgeluidjies gebly maak. ’n Mens kon haar nie vashou of liefkoos nie. Jy mag nie eens eers oor haar koppie vryf nie.

Het sy dalk iewers seer?

Later toe Linda haar in die stootkarretjie sit was dit asof sy rustiger raak. Maar die seer kermgeluidjies wou nie ophou nie. Dalk sou die voorgeskrewe medisyne van die hospitaal haar dalk beter maak? Maar nee.

 

Linda het nie meer geweet watter kant toe nie.

Almal was bekommerd.

Bang sy gaan dood

Haar ogies was siek, die een kon definitief nie sien nie.

Laat die aand laat Linda my weet: sy het vir die dogtertjie ’n pakkie kitspoeding aangemaak. Sy het die hele bakkie opgeëet. Sy het vir haar ’n bottel met melk aangemaak. Sy het die hele bottel opgedrink! Daarna het sy saggies op Linda se bors gelê en aan die slaap geraak. Was hierdie kind dalk nogsteeds net so vreeslik honger?

Donderdag by die Kinderhof in Cullinan moes die ouers verskyn. Die voorsittende beampte moes die hofverrrigtinge staak en die ouers uit die hof stuur. Hulle het só gestink dat hy dit nie kon uitstaan nie. Later is die verrigtinge wel afgehandel. Vrydagoggend vroeg terug by by Huis Benjamin het die kleinste sussie gesit. Pragtig skoon en warm aangetrek. Een ogie defnitief blind. Haar haartjies stomp teen haar kop afgesny deur haar ouers. (Daar was blykbaar verf op toe besluit hulle om alles af te skeer.)

Die kindjie het glimlag waar sy in die stootkarretjie en met die hond se stert gesit en speel het. Sy lag uit haar magie uit, maak praat geluidjies. Gelukkig en skoon.

’n Mens was verslae dit is dieselfde ou kindjie van twee dae te vore. Sy het reageer op alles rondom haar. Ouma Linda het vertel sy het die nag deur geslaap.

Ons wonder altyd of maak ons n verskil? Ek het die week weer besef dat ons n verskil maak: hierdie kind sou gesterf het as sy een dag langer in haar siektestoestand aan hongerte en verwaarlosing blootgestel moes word. Sulke haglikge omstandighede maak kinders dood. Ons huisma Linda kry bitter min erkenning. Linda het hierdie kind se lewe gered deur al haar aandag aan die kindjie te gee. Ons sit hier vandag nog met ’n ou dogtertjie met nog baie uitdagings, maar ten minste is sy skoon, gesond, warm en gevoed. Hierdie kind het baie mediese uitdagings wat ons van volgende week af sal aanvat. Julle, ons het kinders gered.

Print Friendly, PDF & Email