Nuutste Familienuus

Nuutste Yskasstories

Teken in op ons nuusbriewe

Kantoorure vir die Sinodehuis 2026:

Maandae – Donderdae: 08:00 – 16:00
Vrydae: 08:00 – 13:00

Oostelike Sinode – Leraarversorging

Meld aan of doen navraag hier of
stuur ‘n epos na: versorging@sinoos.co.za
Aanmelding of navrae word vertroulik hanteer.

22ste Sinodesitting 15-17 Oktober 2026

Huweliks-bevestigers

Huweliksbevestigers

Ringe en gemeentes

Gemeente-kontakinligting met kaartuitleg binne ringsverband

Nuus

Vorige Familienuus en nuutste inligting

Taakspanne

Sinodale Diensraad en gefokusde Taakspanne van die Oostelike Sinode

Argief

Bewaringsinligting

Personeelsake

Gemeente verantwoordelikhede ten opsigte van Personeel

Finansies

Alle inligting met betrekking tot Finansies

Wetlike vereistes

Alle inligting rondom wette waaraan gemeentes moet voldoen.

Amptelik

Familiereëls, Kerkorde, vorms, agendas en notules

Vanuit die Uitvoerende Amptenaar se kantoor

Ons gaan anders vergader

Met die sinodevergadering van die Oostelike Sinode op hande, dink ek terug aan my ervarings van sinodesittings deur die loop van my bedieningsjare.

My eerste sinodesitting het ek as waarnemer by die Sinode van Suid-Transvaal in die Germiston-stadsaal bygewoon. Sinodegangers het in rye by tafels gesit, in ’n statige atmosfeer en geklee in formele kerklike ampsdrag. Ek was ’n dienspligkapelaan en moes my ook vir die geleentheid deftig in ’n pak en das klee. Waardige leraars en ouderlinge – almal mans – het met groot woorde en fyn formulerings oor verskillende kwessies gedebatteer voordat hulle gestem het.

Deur die jare het die styl van sinodevergaderings verander. Ek onthou die ouer leraars se reaksie toe ons die eerste keer om ronde tafels vergader het, waar oud en jonk saam kon besin en openlik oor agendapunte kon praat. Ek onthou ook die verskuiwing van ’n formele na ’n meer informele vergaderstyl: ons kleredrag én ons gesindheid teenoor mekaar het verander.
Ons het wegbeweeg van die styl van ’n demokratiese debatsvereniging na ’n benadering waarin ons in afhanklikheid van die Here saam na konsensus soek.

Met drie-en-twintig sinodevergaderings agter die rug, sien ek met verwagting uit na die Oktober 2026-vergadering van die Oostelike Sinode. Ons gaan anders vergader.

Ek sien uit na kosbare geestelike toerusting wat ons na ons gemeentes kan terugneem. Ek is opgewonde oor die manier waarop ons taakspanne, onder leiding van die Heilige Gees, saam oor die toekoms van ons diens aan gemeentes gaan nadink. Ek sien veral uit na die nuwe vriendskappe wat gesmee sal word en waardeur ons iets van die eenheid van die liggaam van Christus sal beleef.

Mag ons saam praat, saam bid en saam op reis gaan in die voetspore van Jesus – tot eer van God en tot uitbreiding van sy koninkryk in ons wêreld.

06/10/2026

Die Sinode wat hoor, dien en lei

Dr Johan Botha

Uitvoerende Amptenaar, Oostelike Sinode

Nuutste nuus

Saam op pad: Die mense agter die Sinodale Diensraad

Saam op pad: Die mense agter die Sinodale Diensraad

Saam op pad – Die mense agter die Sinodale Diensraad vertel die verhale van die mense wat die afgelope vier jaar deel was van die Oostelike Sinode se Sinodale Diensraad. Met die afloop van hierdie termyn staan ons ’n oomblik stil by hulle diens en bydrae, maar ook by...

read more
Ons groet ‘n kollega

Ons groet ‘n kollega

ONS GROET ‘N KOLLEGA Aan die einde van Junie neem die Sinodehuis afskeid van Cathy Odendaal. Ons beste wense vergesel Cathy, wat sedert 1 Mei 2017 as Bedryfsbestuurder in diens van die Oostelike Sinode gestaan het. Ons het groot waardering vir haar professionaliteit,...

read more

Yskasstories