Bedryfsbestuurder

Cathy Odendaal E-pos: finans@sinoos.co.za

Die Algemene Sinode beskik oor ‘n Bestuurshandleiding vir Diensverhoudinge in die NG Kerk wat omvattende riglyne bied vir personeelsake, vergoeding, diensooreenkomste en dissiplinêre prosesse. Gemeentes wat hulp benodig met die handleiding kan die Sinodehuis kontak.

Aangesien elke gemeente werknemers in diens het, het die Kerkraad as werkgewer bepaalde wetlike verantwoordelikhede en pligte. Die tersaaklike arbeidswetgewing, veral die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, omskryf duidelik die verantwoordelikhede van beide werkgewer en werknemer. Hierdie wetgewing word aangevul deur die nuutste Kerkorde 2023, asook die Familiereëls van die Oostelike Sinode 2024

By gemeentes word personeelsake tipies deur die Diensverhoudinge-kommissie bestuur.  Hoewel hierdie webblad sekere insigte oor die kerk se verantwoordelikhede en pligte deel, word lede van die Diensverhoudinge-kommissie, asook die persoon verantwoordelik vir personeelsake, sterk aangeraai om hulself deeglik te vergewis van die inhoud van die toepaslike wetgewing en die Bestuurshandleiding. Wetgewing dra die hoogste gesag in ‘n geregshof. Gemeentes word daarom aangemoedig om deurlopend op hoogte te bly van enige wysigings in wetgewing.

Dit is noodsaaklik dat elke gemeente ‘n eie, toepaslike personeelbeleid in plek het. Die konseppersoneelbeleid in die Bestuurshandleiding dien slegs as riglyn en verteenwoordig nie noodwendig die volledige beleid van ‘n spesifieke gemeente nie.  Die Sinode vervul ‘n ondersteunende rol, maar die verantwoordelikheid om aan alle wetgewing en regulasies te voldoen, berus by die gemeente.

Kliek op onderstaande skakels vir toegang tot dokumente:

Wet op Basiese Diensvoorwaardes van 1997 (Engels)
Opsomming van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997
Kerkorde 2023
Familiereëls 2024

Regulasies

Vir enige navrae kontak Cathy Odendaal,
Tel (012) 804-9543/4
of e-pos finans@sinoos.co.za

Die vernaamste toepaslike wette waardeur personeelsake gereguleer word is:

  • Wet op Arbeidsverhoudinge
  • Wet op Basiese Diensvoorwaardes
  • Wet op Werkloosheidsversekering
  • Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en –siektes
  • Wet op Beveiliging van Persoonlike Inligting
  • Wet op Inkomstebelasting

Aangesien elke gemeente werknemers in diens het, het die Kerkraad as werkgewer bepaalde wetlike verantwoordelikhede en pligte. Die tersaaklike arbeidswetgewing, veral die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, omskryf duidelik die verantwoordelikhede van beide werkgewer en werknemer. Hierdie wetgewing word aangevul deur die nuutste Kerkorde, asook die Familiereëls van die Oostelike Sinode

By gemeentes word personeelsake tipies deur die Diensverhoudinge-kommissie bestuur.  Hoewel hierdie webblad sekere insigte oor die kerk se verantwoordelikhede en pligte deel, word lede van die Diensverhoudinge-kommissie, asook die persoon verantwoordelik vir personeelsake, sterk aangeraai om hulself deeglik te vergewis van die inhoud van die toepaslike wetgewing en die Bestuurshandleiding. Wetgewing dra die hoogste gesag in ‘n geregshof. Gemeentes word daarom aangemoedig om deurlopend op hoogte te bly van enige wysigings in wetgewing.

Dit is noodsaaklik dat elke gemeente ‘n eie, toepaslike personeelbeleid in plek het. Die konseppersoneelbeleid in die Bestuurshandleiding dien slegs as riglyn en verteenwoordig nie noodwendig die volledige beleid van ‘n spesifieke gemeente nie.  Die Sinode vervul ‘n ondersteunende rol, maar die verantwoordelikheid om aan alle wetgewing en regulasies te voldoen, berus by die gemeente.

Kliek op onderstaande skakels vir toegang tot bogenoemde dokumente:

Wet op Basiese Diensvoorwaardes van 1997 (Engels)
Opsomming van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997
Kerkorde 2023
Familiereëls 2024

08/11/2024

Vergoedingsriglyne

Vir enige navrae kontak Cathy Odendaal,
Tel (012) 804-9543/4
of e-pos finans@sinoos.co.za

Die riglyne vir vergoeding wat die Sinode aan gemeentes verskaf vir leraars, diensleraars en amptenare, word jaarliks aangepas volgens die riglyne wat van die Algemene Sinode ontvang word en na die jaarlikse Begrotingsrede deur die Minister van Finansies.

Hierdie riglyne word vervat in die dokument Vergoedingsriglyne vir die toepaslike jaar, wat verkry kan word onder Hulpdokumente hieronder.

Alhoewel die riglyne verskaf word om eenvormigheid in vergoeding vir die leraars van al ons gemeentes te kry, word elke leraar se vergoeding vasgestel en gefinaliseer met inagname van die finansiële vermoë van die gemeente.

Vergoeding vir kerkpersoneel en amptenare word vasgestel met oorweging van die vereistes vir die pos, kwalifikasies, werksure, verantwoordelikhede, heersende mark en die finansiële vermoë van die gemeente.

Belangrike vergoedingsverwante terme:

  • TKVI – Totale Koste van Indiensname
  • Pensioendraende of –gewende Salaris
  • Belasbare Inkomste

Pensioen

Vir enige navrae kontak
Cathy Odendaal by 012 804-9543/4
of e-pos finans@sinoos.co.za

Gemeentes van die Oostelike Sinode behoort aan die Predikante Pensioenfonds sowel as die Amptenare Pensioenfonds. Die opsies, voordele en kostes van die twee pensioenfondse verskil.

Volgens die Kerkorde is aansluiting by die Predikante Pensioenfonds vir alle leraars verpligtend.

Amptenare by gemeentes wat lid is van die Amptenare Pensioenfonds is verplig om daarby aan te sluit. Gemeentes wat nog nie lid is van die Amptenare Pensioenfonds nie kan aansluit deur Ilana de Witt te skakel by +27 12 369 8813 of per epos te kontak by ilana@efbc.co.za.

Ds Rheeder kommunikeer namens die Bestuurskomitee en tree koördinerend met die pensioenfonds op. Alle telefoniese navrae en epos kommunikasie word steeds aan hom gerig. Hy sal sorg dat enige navraag, hetsy telefonies of andersins, hanteer word en na die korrekte persoon verwys word indien nodig.  Hy kan telefonies gekontak word by +27 12 342 0415 of per epos by rehan@pensioene.co.za.

Personeellede getaak met salarisse moet alle Pensioen-verwante aktiwiteite aanlyn op die RFW-stelsel doen, te kry by https://www.retirementfundweb.co.za/. Premies moet maandeliks op hierdie stelsel bevestig word en ooreenstem met die totale pensioenaftrekking van personeellede plus die gedeelte wat deur die gemeente bygedra word. Nuwe lede word elektronies aangesluit het en lede wat bedank of aftree, word ook deur die “Exit”-proses op die stelsel geneem. Dokumente, vorms en gidse kan ook van die webtuiste afgelaai word.

Omsendskrywes 2025

Omsendskrywe 1 (22/01/20205 – Pensioenfondsbydraes, tariewe en premies) Circular 1

Omsendskrywe 2 (26/03/2025 – gadeversekering) Circular 2 

Omsendskrywe 3 (09/04/25 – tydsraamwerk uitbetalings) Circular 3

Omsendskrywe 4 (12/08/2025 – verandering aftreefonds & risikovoordele) Circular 4 English, Circular 4 Tswana

Omsendskrywes 2026

Omsendskrywe 1 (30/01/2026 – Pensioenfondsbydraes, tariewe en premies) Circular 1

Omsendskrywes 2025

Omsendskrywe 5 (20/10/2025 – implimentering van verandering aftreefonds & risikovoordele) Circular 5 English

Omsendskrywe 6 (29/10/2025 – Foute op webblad)

2024

Omsendskrywe 10 (26/11/2024 – Kontakbesonderhede Ds Rehan Rheeder)

Verlof

Vir enige navrae kontak Cathy Odendaal, Tel (012) 804-9543/4 of e-pos finans@sinoos.co.za

Personeel kan verskillende tipes verlof neem, onder andere jaarliks, siekte en menslikheid. Ander tipes verlof kan ook van toepassing wees maar word deur die amp en werkgewer bepaal.

Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes het spesifieke minimum regulasies vir elke tipe verlof. Die dienskontrak van elke werknemer stipuleer die ooreengekome verlof wat geneem mag word.

Reglement 20 van die Kerkorde en Familiereëls reguleer verlof vir predikante terwyl Hoofstuk 3 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes op amptenare van toepassing is. Gemeentes mag meer verlof toestaan as die minimum vereistes, maar nooit minder nie.

Indien verlof aan ‘n werknemer verskuldig is ten tye van diensbeëindiging mag die gemeente ‘n verpligting hê (tensy anders in die dienskontrak bepaal) om die nominale waarde bereken teen TKVI van die verlofdae aan die werknemer uit te betaal. Daar moet jaarliks in die finansiële state voorsiening gemaak word vir hierdie moontlike verpligting. Die voorsiening is slegs ‘n boekinskrywing en word jaarliks aangepas.

Kry meer informasie hier:

08/11/2024

Medies

Nie net is dit goeie korporatiewe beleid dat werkgewers (Kerk- of bestuursrade van gemeentes) bydra tot werknemers se mediese kostes nie, maar dit sluit ook aan by ons harte as rentmeesters van Christus wat wil omsien na ons personeel om te verseker dat hulle ten alle tye medies goed versorg is. Werkgewers kan dit doen deur ‘n mediese toelaag om die koste van die mediese premie te subsidieer. Die toelaag word onderhandel aan die hand van die Familiereëls en goeie korporatiewe bestuur.

Ons kontakpersone by Bestmed vir navrae is Connie Venter by 012 472 6317. Algemene navrae kan gerig word deur die Bestmed inbelsentrum te skakel by 0860 002 378 of ‘n e-pos te stuur aan service@bestmed.co.za.

Die volgende gesondheidskonsultante van Alexforbes is ook beskikbaar vir mediese fonds navrae en kan gekontak word per telefoon by +27 51 403 6522, of per e-pos:
Elrene Marais – Maraise@alexforbes.com
Chantell Mokoteli – mokotelic@alexforbes.com
Annele Oosthuizen – OosthuizenA@alexforbes.com
Fazlin Swanepoel – swanepoelf@alexforbes.com

13/01/2026

Inkomstebelasting

Elke werknemer moet geregistreer wees vir inkomstebelasting, maar nie alle werknemers hoef ‘n opgawe in te dien nie. Kliek hieronder om te sien wie opgawes moet indien.

Wie moet Inkomstebelasting Opgawes indien

Die berekening van inkomstebelasting is skaal-gedrewe en hang af van die jaarlikse inkomste van die werknemer. Belastingskale en drempels kan hieronder verkry word.

Wet op Inkomstebelasting (Income Tax Act-58-1962)

Die bedrag wat maandeliks van die werknemer se salaris afgetrek word moet ook maandeliks aan die SAID oorbetaal word. ‘n EMP201 opgawe moet voltooi word en die betaling aan die SAID moet dieselfde wees as die totaal op die opgawe.  Die opgawe word maandeliks op die eFiling stelsel ingevoer by sarsefiling.

Kry meer inligting hier:

Belasting inligting (nuutste beskikbaar)

8/11/2024

Werkloosheidsversekering

Elke gemeente is ‘n werkgewer omdat hy personeel in diens het, en moet daarom by die Werkloosheidsversekeringsfonds (UIF) geregistreer wees. ‘n Premie van 2% van ‘n werknemer se totale vergoeding is maandeliks betaalbaar, waarvan die gemeente en werknemer elk 1% (tot ‘n maksimum van R177.12) betaal. Die maksimum bedrag word deur die Owerheid vasgestel en is onderhewig aan verandering. Enige verandering ten opsigte van die Werkloosheidsversekeringsfonds word in die Government Gazette gepubliseer.

Die totaal van al die personeellede plus die werkgewer se premies moet maandeliks aan die Werkloosheidsversekeringsfonds oorbetaal word. Dit kan op uFiling, waar elke werknemer se vergoeding afsonderlike voltooi moet word, of op eFiling (sarsefiling) gedoen word met die indiening van die EMP201 opgawe.

‘n Verklaring of opgawe (UI-19) moet ook maandeliks ingedien word. Dit kan op ufiling of direk uit die stelsel (indien Sage of soortgelyk) gedoen word. Indien van uFiling gebruik gemaak word, maak baie seker dat alle werknemers se inligting akkuraat is. Die totaal van die UI-19 moet ooreenstem met die EMP201 opgawe asook die betaling.

Waar die gemeente se Werkloosheidsversekeringsfonds (UIF) nommer nie opgespoor kan word nie, kan die LBS (PAYE) verwysingsnommer hier (uifecc.labour) ingevoer word om die gemeente se UIF nommer te kry.

1/09/2025

Vergoedingskommissaris

Vir enige navrae kontak Cathy Odendaal,
Tel (012) 804-9543/4 of e-pos finans@sinoos.co.za

Volgens die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes 1993 en die Wysigingswet op Diensbeserings en -siektes 1997, moet ALLE werkgewers (elke gemeente wat personeel in diens het) by die Werkervergoedingsfonds (Workmen’s Compensation Fund of COIDA soos dit ook genoem word) geregistreerd wees. Hiervolgens moet ‘n versekeringspremie jaarliks deur die werkgewer betaal word vir moontlike beserings of siektes wat werknemers by die werkplek kan opdoen. Die premie word bereken op die vergoeding van die werknemers.

‘n Opgawe van Verdienste (Return of Earnings, of ROE) moet jaarliks ingedien word, voor die sperdatum soos bepaal deur die Vergoedingskommissaris. Opgawes kan nie meer deur die pos gestuur word nie, en alle opgawes moet nou aanlyn ingedien word. Registrasies om aanlyn in te dien kan op dieselfde webwerf gedoen word.

Sodra die opgawe aanlyn ingedien is, word ‘n faktuur na die e-pos adres van die genomineerde persoon gestuur. Die faktuur moet voor die sperdatum betaal word om boetes te vermy. Maak seker dat die korrekte verwysingsnommer gebruik word by betaling.

Vorms van die Vergoedingskommissaris kan hier afgelaai word.

1/09/2025

Dienskontrakte

W

Predikante

Verwys na Kerkorde Reglement 12 vir die proses wat gevolg word met ‘n beroepingsproses.  ‘n Volledige kontrolelys is beskikbaar.

Verwys na die Kerkorde Reglement 13-19 vir die onderskeie predikantprofiele se aard, skep van pos, beroeping en bevestiging, afvaardiging na meerdere vergaderinge en diensbëindiging.

Verwys na die Bestuurshandleiding vir Diensverhoudinge in die NG kerk vir voorbeelde van dienskontrakte (bl 129-145)

W

Personeel

Verwys na die Bestuurshandleiding vir Diensverhoudinge in die NG kerk vir voorbeelde van dienskontrakte vir administratiewe personeel in die gemeente. (bl 96-126)

Handleidings

Bestuurshandleiding 2022

Diensverhoudinge is deel van elke instansie wat werk verskaf of persone in diens neem aan die een kant, en werknemers, wat bepaalde werksaamhede moet verrig aan die ander kant. Kerkrade en ander werkgewers in die NG Kerk word van dag tot dag gekonfronteer met allerlei praktiese, kerkordelike en statutêre reëlings wat uit hierdie diensverhoudinge spruit. Met die Bestuurshandleiding vir Diensverhoudinge het die Algemene Sinode gepoog om ʼn hulpmiddel aan te bied wat kan help om die diensverhoudinge meer effektief te reël.

Die doel van die Bestuurshandleiding

  • is nie om volledig te wees nie. Daar word wel gepoog om oor die belangrikste praktiese sake leiding te gee en om ’n wye verskeidenheid voorbeelde aan te bied;
  • is nie om voorskriftelik te wees nie. Wetlik- en kerkordelike voorskrifte word aangedui waar van toepassing. Werkgewers kan wel die riglyne (soos byvoorbeeld die personeelbeleid in hoofstuk 2) gebruik, maar moet eers seker maak dat dit aan hulle eie besondere vereistes voldoen voordat hulle dit as hulle amptelike dokument aanvaar;
  • is nie om finaal te wees nie. Praktiese omstandighede en statutêre wysigings maak voortdurende aanpassings nodig wat ook deurlopend in hierdie gids ingewerk sal word

Taaklys

Daar is sekere take wat weekliks, maandeliks, half-jaarliks of jaarliks in die kerkkantoor verrig moet word.  Sien die taaklys hieronder wat as riglyn kan dien.

Kerkkantoor taaklys (29/10/2025)