Veldpretkamp 2026 – ‘n Onvergeetlike Ekologie-avontuur vir Graad 5–7

Veldpretkamp 2026 is hier!

🌿 Ontdek (God se skepping) | 🤝 Beleef (vriendskap en avontuur) ❤️ Bewaar (ons roeping as rentmeesters)

Hou jy van die buitelewe? Geniet jy avontuur? Wil jy nuwe vriende maak én meer leer oor God se wonderlike skepping?

Dan is Veldpretkamp 2026 net vir jou!

Die Ekologie Taakspan van die Oostelike Sinode nooi alle Graad 5 tot 7-leerders uit na drie dae propvol pret, avontuur, geloofsgroei en ontdekking by die pragtige Bergenrivier.

Hierdie jaar se tema

“My plek in God se skepping – saam met die voëls.”

Ons ontdek hoe God se skepping wonderlik saamwerk en hoe elkeen van ons ‘n belangrike plek daarin het.

Saam gaan ons leer:

  • hoe alles in God se skepping met mekaar verbind is
  • waarom elke mens verantwoordelikheid dra vir die aarde
  • hoe geloof en die natuur hand aan hand loop
  • hoe ons as rentmeesters vir God se skepping kan leef

ℹ️ Kampbesonderhede

Datum: 1–3 Oktober 2026

Plek: Bergenrivier Wegbreek (tussen Bronkhorstspruit, Groblersdal en Witbank)

Wie: Graad 5–7

Koste: R500 per deelnemer

ℹ️ Vervoer

Elke deelnemer is verantwoordelik vir eie vervoer.

Aankoms: Donderdag 1 Oktober – 10:00–10:45

(Kamp begin om 11:00.)

Vertrek: Saterdag 3 Oktober – 12:00

ℹ️ Wat moet jy saambring?

  • Bybel
  • Pen
  • Ou klere
  • Swemklere
  • Handdoek
  • Beddegoed
  • Eetgerei
  • Tekkies
  • Flits
  • Hoed
  • Sonbrandolie
  • Waterbottel
  • Klein rugsakkie
  • Kamera (vir die fotokompetisie)
  • Ekstra kombers vir die buiteslaap

Daar wag hope avontuur!

Dis beslis nie ‘n kamp waar jy stil gaan sit nie!

Jy kan uitsien na:

🌿 Rivierpret met binnebande

⚽ Moddersokker

🏕 ‘n Nag onder die sterre

📸 Fotokompetisie

🦅 Voël- en natuuraktiwiteite

🤝 Spanaktiwiteite

🔥 Kampvure

📖 Bybelstudie en geloofsgesprekke

…en natuurlik baie lag, nuwe vriendskappe en onvergeetlike herinneringe.

Hoe skryf ek in?

Voltooi die Google Inskrywingsvorm hieronder.

👉 Google Inskrywingsvorm

Na registrasie ontvang jy:

  • betaalinstruksies
  • bevestiging van jou plek
  • vrywaringsvorm
  • volledige kampinligting

Navrae

Ds Thinus Prinsloo | 082 920 6852

Ds Landi Botha | 079 182 2387

Fienie le Roux | 012 804 9543 | ontvangs@sinoos.co.za

Ekologie Taakspan

Oostelike Sinode