Argiefbeampte

Annelize Meyer E-pos: argief@sinoos.co.za

Argief

ARGIEF RIGLYNE

Die toepaslike inligting met betrekking tot die volgende aspekte word beskikbaar gestel deur op elke aspek te kliek.

Enige verdere navrae, kontak vir Annelize Meyer 012 804 9543 of stuur e-pos na argief@sinoos.co.za

Alles oor lidmaatskap

i

WYSE WAAROP REGISTERS HANTEER WORD:

Doop- en belydendelidmaatregisters

Die Oostelike Sinode maak gebruik van die goedgekeurde elektroniese lidmaatregisterstelsel, Winkerk, om jaarliks elektroniese afskrifte van doop- en belydendelidmaatregisters te verkry. Gemeentes wat van Winkerk gebruik maak, hoef daarom nie afsonderlik registerafskrifte aan die Sinodehuis te stuur nie.

Gemeentes wat nie van Winkerk gebruik maak nie, voorsien die vereiste registerinligting elektronies aan die Sinodehuis volgens ‘n ooreengekome proses.

Met goedkeuring van die kerkraad kan oorspronklike doop- en belydendelidmaatregisters by die Oostelike Sinode se argief ingehandig word vir veilige bewaring. Hierdie registers vorm ‘n belangrike deel van die kerk se geskiedenis en erfenis en word onder gepaste bewaringsomstandighede bewaar.

Vir opleidingsgeleenthede in die gebruik van Winkerk, besoek gerus Infokerk of kontak ds Jan Venter by jan@infokerk.co.za

KONTROLELYSTE

Vir die nasien van registerinskrywings asook Winkerk inskrywings

Die Argief

BELEID VIR ARGIEFBEWAARPLEKKE

Hierdie dokument omvat die riglyne waaraan bewaarplekke moet voldoen

HANTERING VAN ARGIEF- EN MUSEUM-MATERIAAL

Hierdie riglyn omvat:

  • Riglyne vir die hantering van Argief-en museummateriaal
  • Riglyn vir die hantering van registers
  • Riglyne vir die insameling van argivalia

BEWARINGSTYDPERKE

Hierdie dokument omvat die riglyne met minimum vereistes vir die bewaring en vernietiging van dokumente

INVENTARISVORM

Hierdie vorm is die voorgeskrewe inventarisvorm wat jaarliks op 31 Mei aan die Sinodehuis gestuur moet word. Dit is verpligtend na elke boekjaarafsluiting.

Volgens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting (Wet 2 van 2000), algemeen bekend as PAIA (Promotion of Access to Information Act), moet elke privaatliggaam – insluitend elke gemeente, ring en sinode – by die Menseregtekommissie geregistreer wees en ‘n opgedateerde inventaris byhou van alle inligtingsdokumente in die instansie se besit.

Die Kerkargief hou ‘n opgedateerde lys van gemeentes se inventarisse op datum. Besoek gerus die NG Kerk Argief se webblad om Inventarisse ontvang te sien.

Wetlike vereistes

POPIA VEREISTES

Besoek die webblad van die Inligtingsreguleerder vir meer inligting oor die proses.

PAIA VEREISTES

Besoek die webblad van die Inligtingsreguleerder vir meer inligting oor die proses.