Bedryfsbestuurder

Cathy Odendaal Epos: finans@sinoos.co.za

Die Sinode is nie regskenners nie en poog slegs om gemeentes bewus te maak van hul verantwoordelikhede asook sake wat gsakeemeentes kan raak of moontlike risiko’s inhou.  Die verantwoordelikheid tot nakoming berus by elke gemeente.

Dit is belangrik om te weet dat gemeentes in verskeie hoedanighede aan uiteenlopende regulasies onderworpe kan wees.  As werkgewer is gemeentes aan sekere regulasies onderworpe, en as Openbare Welsynsorganisasie (OWO) weer aan ander.

Die kerk is as regspersoon gewoonlik ‘n Openbare Welsynsorganisasie (OWO), maar daar is uitsonderings.

POPIA

Wet op beskerming van persoonlike inligting.

PAIA

Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting

Fidusiêre Aanspreeklikheid

Wanneer die persone wat die verantwoordelikheid aanvaar verander, moet die Vorm EI 2 van die SAID deur al die persone op die vorm onderteken word. Die vorm, tesame met ‘n afskrif van elkeen se ID dokument (gesertifiseer) en bewys van adres aan die volgende adres versend word:

SARS Belastingvrystellingseenheid: teu@sars.gov.za
Telephone number: (012) 483 1700
Physical address:
2nd floor, SARS Pretoria CBD branch,
C/o Lillian Ngoyi and Francis Baard Streets
Pretoria, 0002
Postal address:
Tax Exemption Unit
P.O. Box 436
Pretoria 0001

Belasting

Volledige belastinggids van MVB Ouditeure

Registered representative

’n Geregistreerde verteenwoordiger is iemand wat aangewys word om met volle regte namens ’n regsentiteit (soos ’n maatskappy of trust) op te tree. Dit is gewoonlik ’n Openbare Beampte, Rekeningkundige Beampte of administrateur.

Vind hier ‘n volledige beskrywing van die proses wat met SARS gevolg moet word.

Maatskappy Belasting

As Openbare Welsynsorganisasies is kerke normaalweg vrygestel van inkomstebelasting MITS hul aansoek vir vrystelling deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) goedgekeur is. Wanneer die aansoek goedgekeur word ontvang die gemeente ‘n skriftelike dokument van die SAID wat die verwysingsnommer bevat en uitstip presies waarvan die gemeente vrygeskeld is, asook wat die gemeente se verpligtinge in hierdie verband is. Hierdie dokument is belangrik en moet veilig bewaar word en toegang daartoe moet maklik verkry kan word.  Die Sinodehuis bied graag ‘n ondersteuningsdiens in hierdie verband – stuur die vrystellingsbrief na ons, vir addisionele elektroniese bewaring.

‘n Gemeente wat vrygestel is van belasting moet jaarliks die voorskrewe IT12EI opgawe indien.

Indien ” gemeente handelsinkomste verdien wat R200,000 of 5% van hul totale ontvangste en toevallings oorskry, moet ‘n belasting berekening gedoen word om te bepaal of die gemeente belastingaanspreeklik is.

Die uitdrukking “handel” omvat elke professie, handel, besigheid, indiensneming, roeping, beroep of onderneming, verhuring van eiendom en die gebruik of toestemming om ‘n patent, ontwerp, handelsmerk of outeursreg te gebruik. Die howe het handel geïnterpreteer om nie uitputtend of beperkend te wees nie en sal enige aktiwiteit insluit wat die risiko loop om iets te waag met die doel om wins te maak. Elke saak sal op eie meriete bepaal word.

Die volgende tipes inkomste word onder andere deur SAID as handelsinkomste gesien:

    • Verhuringsinkomste
    • Bedryf van boerdery-aktiwiteite
    • Verskaffing van professionele dienste
    • Die toestaan van toestemming om ‘n outeursreg of patent te gebruik

 Meer inligting oor maatskappy belasting vir OWO’s

Wet op beskerming van persoonlike inligting

i

POPIA

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Wet 4 van 2013) is Suid-Afrika se wet op databeskerming wat daarop gemik is om persoonlike inligting te beveilig. Die wet gee uitvoering aan die grondwetlike reg op privaatheid deur te bepaal hoe organisasies (insluitend kerke) persoonlike data mag insamel, gebruik en beskerm.

Belangrik: Elke gemeente moet hul eie Inligtingsbeampte registreer.

Besoek die webblad van die Inligtingsreguleerder vir meer inligting oor die proses.

Vind hieronder nuttige skakels:

Handleiding vir Gemeentes (Algemene Sinode 2021)

Hulpdokument tot die Handleiding vir Gemeentes (Oostelike Sinode 2025)

Handleiding vir registrasie van ‘n inligtingsbeampte

Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting

i

PAIA VEREISTES

PAIA staan vir die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000. Dit gee jou die reg om toegang te hê tot inligting wat nodig is om jou regte uit te oefen of te beskerm.

Besoek gerus die Inligtingsreguleerder se webblad vir volledige inligting oor PAIA

Handleiding tot die wet op bevordering van toegang tot inligting (Algemene Sinode 2025)

Vorm C