SINODALE DIENSRAAD
Die Sinodale Diensraad (SDR) van die Oostelike Sinode help en ondersteun gemeentes om gesonde gemeentes te wees wat ‘n betekenisvolle verskil in die wêreld maak in diens van Jesus Christus se koninkryk.
Die SDR vervul hierdie roeping deur predikante en hul bediening doelgerig te ondersteun, die kerkverband (gemeentes, ringe, ander sinodes en die Algemene Sinode) te versterk, verhoudinge met ander kerke te bou en die breër gemeenskap in die sinodale gebied te dien deur strategiese leiding, relevante beleid en doeltreffende strukture.
In ooreenstemming met die Sinode se uitgangspunte en waardes, verbind ons ons tot die uitvoering van sinodale besluite en opdragte, doeltreffende koördinering van werksaamhede, dinamiese gemeente-begeleiding, verantwoordelike bestuur van die Sinode, deursigtige kommunikasie en skakeling, flink hantering van spoedeisende sake, die vul van vakatures, goedkeuring van Familiereëls in oorleg met gemeentes en ringe tydens noodsituasies, en noukeurige monitering van kerkregtelike aangeleenthede.
TAAKSPANNE
Ekologie
As Taakspan van die Oostelike Sinode stel ons ons ten doel om gemeentes te motiveer om by alle mense ‘n liefde vir die natuur te kweek en hulle bewus te maak van die noodsaaklikheid van daadwerklike aksies waardeur die natuur bewaar kan word. Volg gerus ons Facebook bladsy – Grensloos Groen – waar ons interessante feite deel.
Veldpretkamp
Vir gr 5 tot 7 leerders – gedurende Oktober skoolvakansie by Berg en rivier Wegbreek tussen Bronkhorstpruit, Groblersdal en Witbank. Kliek gerus hier vir die terugvoer en meer fotos.
Ekologiespan vergaderings
Ons kom gereeld bymekaar om saam te dink en droom oor hoe om meer verantwoordbaar te leef.
Voorsitter van die Taakspan
Dif Ehlers
Missionale Kerkwees
Ons moedig gemeentes aan om hul missionale roeping te herontdek:
-
- Wat is missionaliteit/gestuurdheid?
- Hoe kan ons as gestuurdes aansluit by God se werk?
- Hoe word dit onderskei met blote diakonale/noodsorg-projekte
Ons moedig missionale evangelisasie aan:
-
- Vat die positiewe energie en momentum van die sinodesitting verder
Ons rus gemeentes toe tot missionale dissipelskap:
-
- Dissipelskap as ‘n nuwe manier van lewe in pas met God se ritmes (geloofsvorming: IN PAS – Ritmes en gewoontes vir missionale gemeentes)
- Verhouding tussen evangelisasie en dissipelskap: dissipels wat dissipels maak
Ons ondersteun missionale eredienste:
-
- missionale aanbidding en liturgie
Ons ondersteun lidmaatbemagtiging en die kritiese rol van leierskap aan deur toerusting van predikante
Missionale gemeentes
.
Ons wil die gemeentes wat aangemeld het begelei op ‘n reis om Missionale Gemeentes te word en nuwe hoop te kry vir hulle roeping.
Ons wil predikante help om met nuwe inisiatief gemeentes te begelei om te groei in die impak wat hulle in hul gemeenskappe en die wêreld maak.
Voorsitter van die Taakspan
Frikkie Coetzee
Kommunikasie
.
Teikengehoor van ons kommunikasie:
- Predikante
- Kerkkantore
- (Moontlik) gemeenteleiers
Kommunikasie konferensie 2025
Op 6 Augustus is ‘n “Verby Sondag” Kommunikasie Konferensie aangebied deur die Oostelike Sinode se kommunikasie taakspan, Oosterlig gemeente en Egtkunst.
“Ons sosiale media platvorms is ons gemeentes se nuwe voorportaal!” het Roedolf Botha gesê tydens sy aanbieding oor die tydlose waarheid van kommunikasie in ‘n moderne era. Dit is daarom belangrik om kreatief met jou gemeenskap kontak te maak, dáár waar mense hulle bevind, in ‘n taal wat hulle verstaan, gedryf vanuit ons liefde vir almal.
JI de Wet het gemeentes begelei om vars te dink oor strategie en struktuur en Dené Voster het gesels oor kreatiewe kommunikasie en die etiese gebruik van AI-integrasie as deel van jou kommunikasieplan. Die amper 90 konferensiegangers het met entoesiasme deelgeneem – daar gebeur iets mooi as harte passievol saam begin klop en dink oor kommunikasie.
Dagboek solank Woensdag 18 Maart 2026 vir ons volgende kommunikasie konferensie te Badplaas.

Voorsitter van die Taakspan
JI de Wet
Jeug en Gesinne
.
Jeugbediening het ‘n erediens-element, ‘n huisgeloof-element en ‘n kategese-element.
Die Taakspan fokus op:
- netwerke en bewusmaking,
- aanbieding van ‘n webinaar,
- digitale moontlikhede vir ouers.
Roetemerkers:
Bronne wat geraadpleeg kan word:
- Die Algemene Sinode 2023 verslag oor Roetemerkers – dit het ook liturgiese voorstelle in vir die Roetemerker vir Tieners, sowel as die Roetemerker vir Jong Volwassenes.
- Die amptelike 2023 besluit: https://kerkbode.christians.co.za/2023/10/23/besluit-roetemerkers/
- ‘n Onderhoud met Tienie Bosman, die sameroeper van die Taakspan vir Roetemerkers: https://www.youtube.com/watch?v=wWvpPC-MFiE
- ‘n Podcast deur Anandie Greyling: https://dinkjeug.co.za/dinkjeug-podcast-roetemerkers/ ‘n Artikel deur Anriëtte de Ridder: https://kerkbode.christians.co.za/2018/08/06/belydenis-van-geloof-is-n-roetemerker/
- Die boek “Ongekaart” deur Cas Wepener, Anandie Greyling, e.a. https://eshop.bybelmedia.org.za/product/ongekaart/
- Die boek “Roetemerkers” deur Anandie Greyling en Wynand van Niekerk https://eshop.bybelmedia.org.za/product/roetemerkers/
Daar is steeds geleenthede om kinders en jongmense te bedien; geleenthede om ouers te bemagtig met toerusting en ondersteuning asook om ‘n geestelike bewustheid te skep
Voorsitter van die Taakspan
Vakant
Leraarversorging
.
Verhouding en versorging aan leraars deur:
- Basiese opleidingsmateriaal aan kerkrade.
- Beradingsdiens.
- Riglyne en dokumente vir ringe en sinodes.
- Selfsorg welstand-werkswinkels.
- Groepsontwikkeling.
Beradingsdiens:
By die Oostelike Sinode gee ons om vir ons leraars en hulle gesinne. Ons het ʼn veilige, anonieme en professionele beradings- en terapeutiese diens beskikbaar vir enigeen wat deur trauma, spanning, uitbranding of nood gaan.
As jy tans ondersteuning benodig, voltooi die kort vorm (skakel hieronder). Jy sal binne 48 uur teruggeskakel word om ‘n afspraak met ‘n terapeut te reël. Hierdie proses is vertroulik en die eerste drie sessies word kosteloos deur die Sinode gedek.
Leraarversorgings aanmeldingsvorm
Vir enige navrae kan ‘n epos vertroulik gerig word aan versorging@sinoos.co.za
Hiermee ‘n PDF weergawe van die aanbieding met die ondersoek resultate, soos gedeel tydens die Sinodesitting in Oktober 2024
Voorsitter van die Taakspan
Carl du Preez
Gemeente Ondersteuning
.
.
Klein gemeentes
Oostelike Sinode se Sinodale Diensraad het gekies om in diepte te besin oor ons kleiner gemeentes. Hierdie is nie ‘n gesprek óór kleiner gemeentes nie – dis ‘n saamsit-kuier mét ons kleiner gemeentes. Ons definisie van klein gemeentes: ‘n gemeente met minder as 200 belydende lidmate volgens die gemeente se Jaarboek-syfers.
Daar is baie prioriteitsake waaroor kleiner gemeentes duidelikheid moet kry: ‘n duidelike rede waarom die gemeente vandag op daardie spesifieke plek bestaan, hoe die bediening aan én deur die gemeente lyk, en ‘n visie vir God se plan met sy kerk in die gemeenskap.
Die uitdagings is baie: ontvolking van die platteland, demografiese skuiwe, finansies, kategese, die erediens in ‘n baie kleiner formaat as voorheen, gemeentes sonder ‘n leraar, asook die instandhouding van geboue – om maar net ‘n paar te noem.
Twee werkswinkels is aangebied gedurende 2025. Die energie wat vanaf verteenwoordigers uitgestraal het en die ywer vir die Here se kerk gee vir ons hoop. Niks gaan vorentoe presies dieselfde wees as voorheen nie – maar dat die voetspoor van die Evangelie van Jesus Christus steeds duidelik getrap moet word, daaroor is daar geen onduidelikheid nie.
Die insette en perspektiewe wat ons van ons kleiner gemeentes ontvang, gaan vorentoe vir groter gemeentes ook van waarde wees. Een van die uitkomste van hierdie werkswinkels en gesprekke is ‘n handleiding vir die strategiese gesprek wat van tyd tot tyd in elke gemeente – klein of groot – behoort te gebeur.
Verslag Klein gemeentes
Verslag Klein Gemeentes soos opgestel deur Francois Retief 2025
.
.
Sinodehuis en personeel
Wat word reeds gedoen vanuit die Sinodehuis:
- Deurgee van inligting: Familienuus, amptelike skrywes
- Adviese: gemeente-bestuur, finansiële bestuur, personeelsake
- Opleidingsgeleenthede word gebied
- Scenario-gesprekke
- Kerkordelike advies
- Strategiese gesprekke – fasilitering
- Kontak tussen leraars/gemeentes en die Pensioenfonds, Mediese fonds, Algemene Sinode, Winkerk
- Opleiding van kantoorpersoneel: Finansiële administrasie, kantooradministrasie, argiefvereistes, kommunikasie en sosiale media, kerkkantoorkultuur
- Besoeke aan gemeentes en leraars
- Ringsbesoeke deur Sinodale Diensraad
- Pastorale gesprekke met leraars op ad hoc-basis
Opleiding
Gedurende 2024/25 kon 52 kerkkantore deelneem:
- Kerkkantooropleiding te Pretoria
- Kerkkantooropleiding te Nelspruit
- Kerkkantooropleiding te Middelburg
- Induksieopleiding te Sinodehuis
Verfriskamp
Voorsitter van die Taakspan
Johan Botha





