
Ekologie
Ekologie Kinders
‘n Ekofaktorkamp word gereël om kinders bewus te maak van hulle roeping ten opsigte van die omgewing, sodat hulle kan teruggaan huis toe en daar ‘n verskil maak.
Projekleier: Thinus Prinsloo
16/1/2020
Ekologie
Ekologie volwassenes
Ons wil gemeentes en Christene toerus met vaardighede om praktiese stappe te implementeer ten einde die Godgegewe skepping te bewaar.
Projekleier: Thinus Prinsloo
16/1/2020
Jeug
.
Ons wil gemeentes en Christene toerus met vaardighede om praktiese stappe te implementeer ten einde die Godgegewe skepping te bewaar.
#Imagine
.
By die #imagine byeenkomste word ‘n klomp energie losgemaak en die projekspan wil graag sien dat hierdie energie gebruik word sodat tieners teruggaan na hul eie gemeenskappe en ‘n verskil maak.
Dit is ‘n geleentheid om tieners uit te daag om nuut te dink oor kerk, veral in wat beskou word as die “post-church” wêreld waarin hulle leef.
Dit bied aan tieners die geleentheid om iets van die groter transformasie en skakeling met medegelowiges te beleef.
Dit bied die moontlikheid om gemeentes in die sinodale gebied te help en te mobiliseer om betrokke te raak by hierdie beweging onder tieners.
Dit bied die geleentheid om gemeentes te help om momentum te behou nadat die kinders opgewonde terugkeer van die groot byeenkomste af.
Dit is ‘n toekomsgerigte proses waarin daar in tieners se lewens ingebou word vir ‘n nuwe koninkryksgerigte toekoms in die kerk.
16/01/2020
Grensloos
.
.
Grensloos is ‘n netwerk of handelsmerk waaronder alle jeug aktiwiteit van die Sinode plaasvind. Dus bestaan Grensloos uit twee afsonderlike afdelings. Aan die een kant gebeur daar projekte wat die huidige jeugkampe insluit. Die kampe het tradisioneel afsonderlik gefunksioneer. Met Grensloos word alle kampe belyn om dieselfde taal te praat en dieselfde visie te dra. Die visie is om missionaal te dink en te werk asook om sterk geloofsvormend te werk op alle oorgange in jongmense se lewens.
Grensloos het ook ‘n netwerk gedeelte, waar die platform geskep word dat ons wat bedienaars is van kinders en jongmense bymekaar kan leer, verhoudinge kan bou en hulpbronne kan uitruil. Ons kan nie afsonderlik funksioneer nie en het mekaar nodig sodat ons as Kerk-familie vir mekaar die lewe makliker kan maak in terme van bediening. Daarom is die netwerk gedeelte hiervan broodnodig.
Projekleier: Herman Matthee
16/01/2020
Klein Gemeentes
.
Om die wese, funksionering en doel van klein gemeentes te verstaan. Om pastorale ondersteuning aan kerkrade en leraars te verleen.
Projekleier: Gerrit Vosloo
16/01/2020
Missionale gemeentes
.
Ons wil die gemeentes wat aangemeld het begelei op ‘n reis om Missionale Gemeentes te word en nuwe hoop te kry vir hulle roeping.
Ons wil predikante help om met nuwe inisiatief gemeentes te begelei om te groei in die impak wat hulle in hul gemeenskappe en die wêreld maak.
Projekleier: Frikkie Coetzee
23/01/2020
Die Missionale Projekspan van die Oostelike Sinode bied ‘n werkswinkel aan vanaf 12 – 13 Maart by Kruisrivier Kampterrein in ‘n informele en heerlike wegbreekstyl. Dr Lourens Bosman van die Algemene Sinode is ‘n ou bekende en gaan sessies lei oor tendense in die NG Kerk en ‘n opwindende nuwe boek bekendstel. Dr Jaco Barnard gaan sessies hou oor die erediens en die impak daarvan op lidmate se allerdaagse lewe. Jaco het verlede jaar sy PhD daaroor gedoen. Ons missionale roeping lê in die grondslag van die sessies en besprekings. Lees meer…
04/02/2020
Mosambiek Vennootskap
.
‘n Projek om vennootskappe te stig tussen gemeentes wat in Mosambiek werk, sowel as om die IRM te ondersteun in onder andere die opleiding van pastores en pensioenvoorsiening.
Ad hoc afgevaardigdes uit gemeentes van die Oostelike Sinode wat die IRM gemeentes van Sinodo Novo ondersteun
Projekleier: Carl Louwrens
16/01/2020
Pastor Pastorum
.
Ons predikante is onder druk as gevolg van veeleisende werksomstandighede en ‘n samelewing wat drasties verander het. Hierdie veranderings beïnvloed al die predikant se verhoudings – persoonlike sowel as professionele verhoudings.
Ons predikante is ‘n belegging vir en sekerlik een van die belangrikste bates van ons kerk en daarom is dit nodig dat predikante omvattend en goed versorg sal word.
‘n Pastor Pastorum bediening is een van die maniere hoe ons deur middel van pastores pastorum (met harte vir hierdie bediening) persoonlik by die pastorale versorging van predikante en hulle gesinne kan uitkom. Daarom is dit belangrik dat goeie verhoudings oor langer tye tussen leraarsgesinne en hul pastors gevorm word.
Projekleier: Johannes van der Merwe
16/01/2020
Predikantekonferensie 2021 – Skukuza
Predikantekonferensie
.
Wêreldbiddag vir Vroue
Vir navrae kontak vir Tersia Petzer 012 804 9543 of ontvangs@sinoos.co.za
.