Die finansiële funksie behels die hantering van kontant en tjeks, die teboekstelling van alle finansiële transaksies en rapportering daarvan.
Inligting en hulpmiddels aangaande die teboekstelling van transaksies, hantering van transaksies in die grootboek en die formaat van die finansiële state (jaarliks aangepas) is hier beskikbaar.
Finansiële state moet jaarliks opgestel word en deur ‘n ouditeur of ‘n onafhanklike nasiener onderteken word. ‘n Verslag van die onafhanklike nasiener moet by die finansiële state ingesluit word.
Getekende finansiële state moet die Sinode jaarliks teen middel Junie bereik.
Finansiële state
As Openbare Welsynsorganisasie is die opstel van jaarlikse finansiële state vir gemeentes verpligtend. Finansiële state moet deur ‘n ouditeur of onafhanklike geregistreerde rekeningkundige beampte nagesien word, en ‘n verslag van die betrokke persoon of instansie moet by die finansiële state ingesluit word.
Verwys na Bepaling 45.5 en Voetnote 48 (bl 42 van die Familiereëls 2024). Reglement 24 (Reglement vir Kerklike Goedere) van die Oostelike Sinode se Familiereëls 2024 is oorhoofs van toepassing.
Dit is noodsaaklik dat die persoon wat die finansiële state opstel die riglyne vir die voltooiing van die finansiële state lees. Hierdie riglyne is die eerste bladsy in die formaat van die finansiële state wat jaarliks deur die Sinode voorsien word (Sien hieronder).
Omdat die Sinode die finansiële inligting van gemeentes konsolideer en aan die Algemene Sinode rapporteer, is hierdie die enigste formaat wat gebruik mag word. Kommunikeer asseblief baie duidelik met ouditeure en rekenmeesters hieroor.
21/10/2025
Bydraes tot Gesamentlike Bedieninge (BGB)”.
Taaklys
Daar is sekere take wat weekliks, maandeliks, half-jaarliks of jaarliks in die kerkkantoor verrig moet word. Sien die taaklys hieronder wat as riglyn kan dien.
Kerkkantoor taaklys (29/10/2025)


