Klein gemeentes

Wanneer klein gemeentes diep spore begin trap

Die Sinodale Diensraad van die Oostelike Sinode het nog altyd die belangrikheid van kleiner gemeentes raakgesien en waardeer. Met die emeritaat van Francois Retief in 2023 het die Diensraad besluit om hierdie gemeentes se unieke uitdagings en moontlikhede met ‘n nuwe fokus aan te spreek.

Om dit te bewerkstellig, is ’n fokusspan saamgestel onder leiding van Francois Retief – met die doel om kleiner gemeentes se bediening en getuienis te versterk en te ondersteun.

’n Handleiding vir hoop en praktyk

Op 26 September 2025 het Francois die voorreg gehad om die nuwe handleidingsboekie, Wanneer klein gemeentes diep spore begin trap…, aan Johan Botha te oorhandig.

Francois se wens is dat hierdie handleiding as ’n praktiese hulpmiddel sal dien vir gesprekke in gemeentes – dié wat wel klein mag wees, maar groot impak het in God se koninkryk.

Eintlik is ons klein gemeentes die pioniers. Groter gemeentes vra reeds – of gaan vorentoe wel – dieselfde vrae moet hanteer.

’n Getuienis van saamstap

Die handleiding vertel van die pad wat saam met kleiner gemeentes geloop is:

  • hulle unieke omstandighede,

  • die rol van die ring in hulle bestaan,

  • die ondersteuning deur die Sinodale Diensraad en sy taakspanne,

  • en die insette wat die Sinode sedert 2023 in die lewens van gemeentes en leraars gelewer het.

Dis ’n getuienis van hoe kleiner gemeentes groot spore trap – nie in getalle nie, maar in die diepte van hulle geloof, roeping en betrokkenheid in God se werk.

Hierdie handleiding is nie net ’n dokument nie, maar ’n uitnodiging om te besin, saam te dink, en hande te vat sodat die stem van kleiner gemeentes helder bly klink in die Oostelike Sinode se groter verhaal.