27ste Algemene Vergadering van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke, Chiang Mai, Thailand 14-23 Oktober 2025.
Die NG Kerkverband is een van 115 (171) lidkerke om hierdie byeenkoms by te woon. Die WGGK verteenwoordig deur lidkerke 100 miljoen gelowiges wêreldwyd.
Die gasheerkerk is die Church of Christ, Thailand. Die kerk het ‘n sterk ekumeniese etos en speel ‘n groot rol in opvoeding en gesondheidsdienste in die land. Buddisme is die grootste godsdiensgroepering (96.4%), met Islam 2.1%, Christenskap 1.3% en ander groeperings 0.3%.
Die teenwoordigheid en tema van hierdie vergadering in Thailand is betekenisvol. Direkte stroming van die vergadering kan gevolg word by https://www.youtube.com/@WCRC
Afvaardiging: Dii Jan Lubbe , Maartje Van Der Westhuizen , Lerisa Meyer , drr Nioma Venter, Johan Botha . Waarnemers: Prof Henco Van Der Westhuizen, drr Nico Mostert, Daniel De Wet