Verfriskamp Badplaas 2026 | 2–6 Junie 2026
Die Oostelike Sinode nooi met groot entoesiasme alle kantoorpersoneellede van ons gemeentes uit na ons tweede Verfriskamp wat van 2–6 Junie 2026 te Badplaas sal plaasvind.
Hierdie Verfriskamp bied ’n besondere geleentheid aan kantoorpersoneel van gemeentes binne die Oostelike Sinode om te kom rus, verfris en verryk te word en met nuwe inspirasie terug te keer na die gemeente. Natuurlik wil ons jou ook vertroetel!
Dit is ook ’n waardevolle geleentheid om kollegas van ander gemeentes te ontmoet, ervarings te deel en met nuwe energie terug te keer na die belangrike werk wat elke dag in gemeentekantore gedoen word.
’n Ideale plek om asem te haal
Die Verfriskamp Badplaas vind plaas in ’n rustige en pragtige omgewing wat sentraal geleë is tussen Pretoria en baie van ons mees oostelike, suidelike en noordelike gemeentes. Hierdie bestemming bied ’n ideale ruimte om weg te breek van die alledaagse ritme van kantoorwerk en werklik te herlaai en verfris te word.
Skryf nou in
Indien jy nog nie ingeskryf het vir die Verfriskamp Badplaas 2026 nie, kan jy nou jou plek bespreek.
👉 Registreer hier vir die Verfriskamp: REGISTRASIEVORM
Ons vertrou dat baie gemeentes reeds hiervoor begroot het en saam met hul predikant en kerkraad oor deelname gesels het. Ons sien daarna uit om ’n groot groep kantoorpersoneel van ons gemeentes van regoor die sinode by hierdie Verfriskamp te verwelkom.
Verblyf
Deelnemers bespreek hul eie verblyf.
👉 Sien die dokument met verblyfopsies hier: VERBLYFOPSIES
👉 Tariewe 2026 Forever Badplaas: TARIEWE FOREVER BADPLAAS
👉 Besoek Forever Badplaas-oord se webblad: FOREVER BADPLAAS
Maak seker dat jy, wanneer jy bespreek, verblyf kies wat naby die kerk geleë is waar die aktiwiteite tydens die Verfriskamp plaasvind.
Indien jy verkies om van Badplaas-gemeente se eie verblyfsentrum gebruik te maak, kan jy ons gerus kontak sodat ons ’n kamer vir jou kan bespreek.
Kostes
Die koste beloop slegs R650 per persoon en sluit alle etes én die aktiwiteite wat by die kampprogram van die Verfriskamp ingesluit is in.
Verblyf- en reiskoste bly vir gemeentes se eie rekening.
Daar sal ook addisionele aktiwiteite op die oord beskikbaar wees vir eie rekening – ons gaan doelbewus tyd daarvoor inruim sodat deelnemers die oord en sy fasiliteite ook kan geniet.
Indien jou gemeente finansiële uitdagings met die inskrywingskoste ervaar, kontak ons gerus. Ons gesels graag saam en kyk hoe ons kan help.
Ons sien daarna uit om saam te rus, te lag, te leer en mekaar te bemoedig. Mag hierdie paar dae saam ’n tyd van verfris, verryk en vertroetel wees. Jy is baie welkom om deel te wees van hierdie besonderse saamkuier.