Verby Sondag Kommunikasie konferensie

Verby Sondag – Kommunikasiekonferensie waar Geloof, Tegnologie en Taal ontmoet

Die Oostelike Sinode, in samewerking met EGKunst en Oosterlig, nooi jou uit na Verby Sondag, ’n een-dag kommunikasiekonferensie wat fokus op betekenisvolle en relevante kommunikasie.

In ’n wêreld waar kommunikasie al hoe meer digitaal en vinnig raak, wil Verby Sondag help om stemme toe te rus vir groter impak — in gemeentes, organisasies en aanlyn ruimtes. Die konferensie skep ruimte vir gesprek, leer en kreatiewe verkenning waar geloof, tegnologie en taal mekaar ontmoet.

Wat kan jy verwag?

Die program fokus op praktiese en toepasbare temas soos:

  • Kommunikasie in ‘n digitale wêreld

  • Strategie en struktuur

  • Gasvryheid en kommunikasie in ‘n digitale wêreld

  • Digitale dissipelskap

  • Sosiale media en aanlyn teenwoordigheid

  • Kunsmatige Intelligensie (AI) en kommunikasie

  • Inhoudskepping en storievertelling

Of jy nuut is in kommunikasie, of reeds ervaring het en jou vaardighede wil verfyn, jy sal wegstap met nuwe insigte, bruikbare gereedskap en vars kreatiewe energie om jou kommunikasie koersvas en kreatief te versterk.

Wie behoort die konferensie by te woon?

Verby Sondag is gemik op:

  • Leraars en bedieningsleiers

  • Kommunikasiebeamptes en administratiewe personeel

  • Gemeentelidmate wat by kommunikasie betrokke is

  • Skole, klein besighede en individue met ’n hart vir kommunikasie

Die konferensie is spesiaal beplan met Hoëveld- en Laeveld-gemeentes in gedagte, sodat deelnemers die dag kan bywoon sonder die noodsaak van oorslaap.

Praktiese besonderhede

Datum: 18 Maart
Tyd: 09:00 – 15:00
Plek: Badplaas
Koste: R150 per persoon (sluit koffie, beskuit, ligte middagete en ’n handleidingboekie in)
Vervoer: Eie vervoer

Indien oorslaap wel nodig is, kan reëlings direk met Forever Badplaas Oord getref word.

Ontmoet ons sprekers:

Roedolf Botha is die leierleraar van Oosterlig gemeente, spreker, skrywer, deel van E-kerkspan, visioenêre leier en konsultant in hoe om vandag relevant kerk te wees.

JI de Wet is ‘n leraar by Oosterlig gemeente met die fokus op kommunikasie, leier van die Oostelike Sinode se Taakspan kommunikasie en het ‘n hart dat gemeentes relevant en met styl sal kommunikeer.

Dené Vorster is die kreatiewe direkteur van EgKunst, blogskrywer van Eg(ek), spreker, kommunikasiestrateeg en inhoudsamesteller – ’n Suid-Afrikaanse vrou wat die wêreld veander, een storie op ’n slag, en glo in die krag van kuns om bewegings vir menslike goedheid te skep.

Inskrywings en navrae

Inskrywing geskied via ’n aanlyn Google-vorm.
 Verby Sondag Kommunikasiewerkswinkel

Sluitingsdatum vir inskrywings: 11 Maart
Navrae: ontvangs@sinoos.co.za

Kom leer.
Kom netwerk.
Kom bemagtig jou kerk se stem – én jou storie.