Sinodesitting 15-17 Okober 2026
Die SDR het op 14 Augustus, onder leiding van Tom Smith van Excelsus, saam besin en gedroom oor die Sinodesitting vir 2026.
Belangrike temas:
Vanuit die besinning het ’n aantal belangrike temas gevloei. Hierdie temas word geïntegreer met die insette wat reeds vanaf ringsverteenwoordigers ontvang is.
Die insette beklemtoon die balans tussen:
-
- behoort en bemagtiging,
- beweging en behoud.
En dit speel uit binne die groter roeping van die kerk naamlik getuienis, dissipelskap en verhoudingsbou.
Karakter van 2026 Sinodesitting:
Die karakter van ons Sinode as familie wat wyer en dieper leer, en fokus op geestelike en praktiese groei deur middel van toerusting en inspirasie van gemeentelede en leiers, het baie sterk na vore gekom. Sinode 2026 moet ruimte vir eerlike gesprek skep sonder dat mense uitgesluit voel, deur te verseker dat die stemme van kerkraadsafgevaardigdes en gemeentelede gehoor word.
Die SDR vertrou dat gemeentes en leiers steeds – soos die tema van die 2024-Sinode dit gestel het – biddend saam op pad sal wees.
Die Sinodale Diensraad het ‘n ontwerpspan saamgestel wat vanaf Okotber 2025 reeds aan die Sinodesitting vir 2026 beplan. Kontak Johan Botha vir enige navrae.