WELKOM
by die twee-en- twintigste sinodevergadering van die
NG Kerk Oostelike Sinode
Hermann du Plessis
Hermann du Plessis is die stigter en besturende direkteur van die Themba Thandeka Leadership Institute (TTLI), wat reeds in meer as 138 organisasies in 23 lande werksaam was. Hy het meer as twee dekades se ervaring in leierskapsontwikkeling en het leiers in verskillende kontekste afgerig, begelei, opgelei en geadviseer.
Hy is die skrywer van Lead with Intent, wat ook in vier internasionale MBA-programme gebruik word. In Julie 2026 het sy opvolgwerk, Cultivate with Intent, verskyn. Sy werk fokus onder meer op transformerende leierskap, lewegewende organisasiekultuur en doelgerigte strategie.
Hermann doseer ook leierskap by tersiêre instellings en bestuurskole. Hy beskik oor kwalifikasies in Handel, Opvoedkunde en Teologie, ‘n meestersgraad in Volwasse Onderwys en ‘n internasionale sertifisering in Leadership and Management Coaching. Hy en sy vrou, Adél, is 25 jaar getroud en het ‘n dogter, Grace.
Stephan Joubert
Stephan Joubert is ‘n Buitengewone Professor in Praktiese en Missionale Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy akademiese werk bring Bybelse tekste in gesprek met die identiteit, roeping en missionale teenwoordigheid van die kerk in ‘n veranderende wêreld.
In sy artikel “It all starts with urgency…” gebruik hy Handelinge 17:1–9 en 1 Tessalonisense 1 as vensters en spieëls waardeur die kerk opnuut na sy eie identiteit en roeping kan kyk. Hy vestig die aandag op Paulus se missionale dringendheid, ‘n beliggaamde evangelie en geloofsgemeenskappe wat deur hulle lewe ‘n sigbare verskil in die wêreld maak.
Sy nadenke daag gelowiges en kerkleiers uit om nie dringendheid met gejaagdheid te verwar nie, maar om met fokus, vreugde en ‘n hernude bewussyn van hulle roeping, Christus se evangelie te leef en te deel.
Ter voorbereiding op sy sessie word afgevaardigdes versoek om sy artikel, “It all starts with urgency…”, vooraf te lees. Skandeer die QR kode of lees die artikel hier
2026 Sinodevergadering Agenda
Die Agenda sal as gelese beskou word tydens die vergadering.
Wat jy moet weet!
Sinodevergaderingtye
Donderdag 15 Oktober 2026 13:30 tot 20:30
Vrydag 16 Oktober 2026 08:30 tot 20:00
Saterdag 17 Oktober 2026 08:00 tot 13:00
Registrasie
Registrasie vind plaas op Donderdag 15 Oktober 2026 tussen 11:30 en 13:00.
Afgevaardigdes word versoek om daagliks 15 minute voor die aanvang van die vergadering hulle plekke in te neem, sodat die vergadering stiptelik kan begin.