Induksiekursus | 12–13 Mei 2026
Alle nuwe personeellede, asook kerkkantore wat graag hul kennis wil opskerp, word hartlik uitgenooi na ons enigste Induksiekursus vir 2026!
Hierdie kursus is ’n waardevolle geleentheid om op hoogte te kom van die nuutste prosedures binne die kerkomgewing en om met groter sekerheid en selfvertroue jou werk in die kerkkantoor te verrig. Ons wil jou toerus om jou rol goed en korrek te vervul, maar ook om jou deel te maak van ’n groter ondersteuningsnetwerk waar die unieke behoeftes van gemeentes binne die Oostelike Sinode verstaan en aangespreek word.
Watter temas hanteer ons?
Tydens hierdie kort, praktiese tweedag kursus fokus ons op belangrike aspekte van die daaglikse funksionering van die kerkkantoor, onder andere:
• Algemene kantooradministrasie
• Argiefvereistes, registers en inventarisse
• Goeie vergaderingprosedures en die skryf van notules
• Belangrike personeelsake
• Salarisadministrasie
• Boekhouding en BGB
• Sosiale media, bemarking en kommunikasie
👉 Registreer hier: REGISTRASIEVORM
Belangrik
Deelnemers woon beide dae by, sodat elkeen ’n volledige en gebalanseerde oorsig kan kry van die verskillende funksies en verantwoordelikhede binne die kerkkantoor.
Die kursusfooi beloop R500 per persoon en sluit ’n omvattende opleidingshandleiding, asook ligte middagetes, koffie, tee en verversings in. Vervoerkoste bly vir gemeentes se eie rekening.
Slutingsdatum 5 Mei!
Verbly-en vervoer
Indien jy ver moet reis en oornagverblyf benodig, kontak gerus vir Anne by die Sinodehuis.
Ons sien daarna uit om jou toe te rus en in staat te stel om jou werk goed te kan doen, terwyl ons jou intrek by ons ondersteuningsnetwerk.