Bermanzi staproete 2025

Staptoer by Bermanzi – ’n Belewenis van God se Skepping

Die Oostelike Sinode nooi jou hartlik uit na ’n onvergeetlike stapgeleentheid by Bermanzi naby Machadodorp. Hierdie roete neem jou deur asemrowende natuurskoon, waar jy stap langs Mpumalanga se hoogste waterval – die Uitkomst-waterval – en verstom staan oor die Here se skepping.

Dis ’n stap-ervaring waar jy letterlik tree vir tree God se grootheid beleef.

📅 Belangrike besonderhede

Datum: 5 – 7 Desember 2025

Plek: Bermanzi, naby Machadodorp (www.bermanzi.co.za)

Dr. Attie van Niekerk (eienaar): 082 676 1073 | attievn@gmail.com

Verblyf:

      • Groepsakkommodasie (“Stalle”): R243 p.p.p.n (volwasse) | R213 p.p.p.n (kinders)

      • Woonstel (1–6 persone): R1530 p.n.

      • Gastehuisopsies ook beskikbaar (sien webwerf)

Sluitingsdatum vir inskrywings: Verleng na 10 November 2025

👉 Inskryfvorm

💰 Koste

Verblyf volgens jou keuse (sien bo).

Addisioneel: ’n inskrywingsfooi van R150 p.p. betaalbaar aan die Sinode – vir potjiekos, slaai en basiese etes.

Alle betalings (verblyf + inskrywingsfooi) word direk aan die Sinode oorbetaal.

Betalingsbesonderhede:
Bank: ABSA, takkode: 632 005
Rekeningnaam: NG Kerk Oostelike Sinode
Rekeningnommer: 1420 146 562
Verwysing: Bermanzi + Naam en Van
Stuur bewys van betaling aan: ontvangs@sinoos.co.za

ℹ️ Besprekings & Navrae

👉 Bespreek jou plek voor 31 Oktober 2025 deur die Google Forms-skakel te gebruik: Staproete inskrywingvorm

Besprekingsnavrae: Anne van Tonder (Oostelike Sinode) – 012 804 9544 | ontvangs@sinoos.co.za

Meer inligting oor die roete:

    • Thinus Prinsloo: 082 920 6852
    • Anton Doyer: 082 623 9246 (meer inligting oor die roete)

🍲 Etes

Vrydagaand: Heerlike potjiekos en slaai word voorsien.

Saterdagaand: Braai (bring jou eie vleis). Koffie/tee, beskuit, asook pap en sous word voorsien.

Ontbyt: Bring jou eie.

🎒 Wat om saam te bring

    • Slaapgoed en eetgerei
    • Ontbyt en peuselhappies vir die staproete
    • Vleis vir Saterdagaand se braai
    • Stewige stapskoene en ’n klein rugsak
    • Warm klere vir koel aande
    • Swemklere en ’n reënjas
    • Muskietafweermiddel
    • ’n Musiekinstrument as jy speel (behalwe pyporrels 😄)

👉 Tip: As jy nie ’n gereelde stapper is nie, oefen daagliks met kort stappies om fiks te word.

Waarom jy dit nie wil misloop nie

  • Beleef die hoogste waterval in Mpumalanga

  • Geniet asemrowende uitsigte en somerveldblomme

  • ’n Kans om saam in die natuur stil te word voor die Here

  • ’n Fees van stap, kuier, sang en geloofsgemeenskap

Ekologie Taakspan

Oostelike Sinode