Trots op Oostelike Sinode dominee wat Pelgrimstog van Hoop voltooi
Erkenning: Kerkbode
Dominee Nico Swart van Skuilkrans wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Hy sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy ’n fikse pelgrim kan met die Pelgrimstog van Hoop deesdae van Jeffreysbaai tot in Kaap Agulhas stap.
Op 30 April het hy die eerste pelgrim geword wat hierdie staptog (sowat 800 km) afgelê het. Heléne Meissenheimer het vir Kerkbode Kollig met hom gesels. Kyk gerus ook die gesprek met video-insetsels – skakel is onderaan.
Gesprekspunte:
01:21 Hoekom sabbatsverlof so spandeer?
03:56 Waar loop hierdie pelgrimsroete?
05:23 Hoeveel kilometer per dag gestap
07:21 Hoe werk bagasie en kos as jy alleen stap
09:32 Hoe het jou voete gehou?
12:23 “Ek het die ongelooflikste mense ontmoet”
16:52 Kardioloog sê hart se herstel is “bonatuurlik”
Luister na die podsending