15 Maart 2019
KORTNUUS 2/2019
Goeiedag vriende
Dit is weer tyd vir ons Missionale Byeenkoms en ons glo dat jul elkeen in die laaste paar maande al weer saam met jul gemeentes gegroei het op die Missionale Reis.
Die byeenkoms vind plaas op 11 en 12 April by Kruisrivier Kampterrein. Ons arriveer tussen 12:00 en 13:00 op Donderdag en vertrek weer om 14:00 op Vrydag.
By die laaste byeenkoms het ons saamgepraat oor Missionale Hermeneutiek, Missionale Kultuurskuiwe in ‘n gemeente en Hoe dit in praktyk lyk om hierdie kultuurskuif te maak. Ons is ook blootgestel aan die Missionale Bordspeletjie om gemeentes te fasiliteer.
Hierdie keer wil ons veral twee belangrike temas op die tafel sit: Missionale Spiritualiteit en ons werk verder aan die tema van Evangelisasie in ons saamwerk aan ‘n nuwe Evangelisasie Gesprek om lidmate te bemagtig. Nadat Frikkie navorsing onder ‘n klompie gemeentes gedoen het, kan hy nou die terugvoer bied, ons hoor ook van die werk wat die Wes-Kaap gedoen het en ‘n moontlike nuwe produk wat ons kan gebruik.
Intussen moet ons getalle vasmaak en word jy uitgenooi om deel te wees, al is dit dalk die eerste keer is jy meer as welkom! Nooi asseblief ook kolegas saam!
Laat weet sommer nou asseblief vir Tersia by ontvangs@sinoos.co.za of jy dit gaan bywoon.
Ons moet getalle vasmaak en waardeer jou spoedige reaksie!
Vrede vir jou.
Johan Koen
Willem Esterhuizen
Frikkie Coetzee