14 Mei 2015
KORTNUUS 176
GEE HIERDIE INLIGTING ASSEBLIEF OOK VIR DIE REGISTERHOUER
Ons het reeds op 23 Maart berig dat die Sinodale Diensraad besluit het dat registers vanaf 1 Maart 2015 slegs elektronies ingedien word. In die verlede is daar uitdrukke van die jaar se inskrywings gemaak, wat dan in die Sinode se argief bewaar is.
Hoe dien die gemeentes nou die afskrifte van die registers in?
Gemeentes hoef geensins die data elektronies te probeer stuur nie. Gemeentes moet NIKS stuur nie. Die inligting word ingedien deur die rekenaarprogramme wat al die gemeentes gebruik.
Wat moet die gemeentes dan nou doen?
Gemeentes moet tosien dat die registers op datum gehou word en korrek is.
Die belangrikste is dat die registers deurlopend op datum gehou word. Backup Buddy sal sorg dat die jongste data deurlopend gerugsteun word.
Kerkrade moet toesien dat die inligting korrek in die registers ingevoer word. Registers hoef nie meer uitgedruk te word om dit in te dien nie. Dit kan egter gereeld (maandeliks?) uitgedruk word om te kontroleer dat die inligting korrek ingevoer is.
Gemeentes het jaarliks tot 30 April geleentheid om te sorg dat die inligting tot 28 Februarie op datum en korrek is. Vanjaar tree Backup Buddy op 1 Junie in werking. Op 30 Junie word vanjaar (2014/2015) se inligting ingedien.
Watter hulp is daar vir die gemeentes?
Die personeel van die gemeentes moet seker maak dat hulle die program van Infokerk kan bemeester. Daarvoor is daar ook die kursusse van Infokerk wat bygewoon kan word.
Personeel moet aangemoedig word om die soek-funksie van die program te gebruik om lidmate se besonderhede in die wolkie op te spoor. (Wanneer hierdie funksie beskikbaar is.)
Kontak ons gerus met enige navrae.
Baie groete
DS HJ VAN DER SCHYFF
UITVOERENDE AMPTENAAR