23 November 2021

Familienuus 408

 VANUIT DIE SINODEHUIS

Hiermee ons laaste uitgawe van die Familienuus vir 2021. Baie dankie vir die voorreg om geloofsfamilie te kan wees in ‘n tyd waar ons nie altyd ver vorentoe kon sien nie…

Mag die boodskap van Kersfees jou opnuut versterk: lig, fees, lof, aanbidding, nuwe lewe, hoop… Dis die taal van die Evangelie van Jesus Christus.

Ek bid vir jou ‘n geseënde Kerstyd toe. Dankie vir elke leraar, personeellid en lidmaat wat gedurende 2021 getrou op sy / haar pos was. Ons is diep bewus van die swaarkry, twyfel oor eie veiligheid, hartseer, toewyding, geloofsmoed en harde werk wat in hierdie jaar in gemeente-wees ingegaan het.

Hoekom doen ons dit? Want Jesus is die Here!

Francois Retief

 

LERAARS

Jaco Putter van Pietersburg-Noord is beroep na Witrivier.

 

SINODESITTING

Ons kon Sinodesitting hou. Dit was ‘n feestelike samekoms waar baie van ons mekaar die eerste keer in ‘n baie lang tyd weer in die oë kon kyk.

Ons liturgie oor die pandemie het ons opnuut weer met nuwe waardering na mekaar en na ander laat kyk. Die saam-swaarkry het ‘n sagtheid in ons menswees gebring – ons moet dit nie verloor nie.

Ons het ook oor die moeilike goed met mekaar kon gesels. Dankie dat ons dit ook kon doen. ‘n Familie se waardes word hier getoets. En dis hierdie waardes wat ons ook vorentoe gaan neem.

Ons het ‘n verklaring uitgereik wat in Kerkbode verskyn het. Ons heg dit ook hier aan.

Baie dankie aan ons Skuilkrans-bure vir die gasvryheid waarmee ons ontvang is.

‘n Stukkie “besigheid”: as die gemeente nog nie die betaling vir die koste van die afgevaardigdes gedoen het, wil ons mooi vra dat dit dadelik sal gebeur. Ons betaal nou die rekenings aan ons diensverskaffers. Baie dankie! Kontak Cathy (finans@sinoos.co.za ) met navrae hieroor.

 

 ALGEMENE SINODE

Die NG Kerk het ‘n reeks videos vervaardig waarin daar duidelikheid gegee word oor ‘n klomp sake wat deesdae in gesprekke dikwels op die tafel kom. Dit is kort videos wat maklik luister. Deel dit gerus met lidmate – dit verseker ingeligte menings.

 

ONS WEBWERF EN SINODEHUIS-PERSONEEL

Ons maak ons posbus toe. Met die ineenstorting van die poskantoor se dienste maak dit nie meer sin om die koste van ‘n posbus aan te gaan nie. Daarby het e-pos die meeste “harde kopie” dokumente vervang. Indien daar wel iets is wat nie op hierdie wyse gestuur kan word nie, moet julle asseblief een van die lae koste koerierdienste gebruik. Ons fisiese adres om hiervoor te gebruik, is NG Kerk Oostelike Sinode, Jan Albertsstraat 1, Val de Grace, Pretoria 0184.

 

 

Onthou asseblief om die inligting op ons webwerf te benut www.sinoos.co.za .

Leraars en kerkkantore kan met groot vrymoedigheid die personeel kontak om advies, raad, hulp, ondersteuning – ons help graag. Die personeel is in die Sinodehuis op hulle pos. Ons telefoonnommer is 012 804 9543.

PRODUKTE en TOERUSTING

BybelMedia se webwerf bevat baie inligting oor die produkte wat beskikbaar is. Kyk spesiaal na die 2022 Dagboeke. Daar is ook spesiale aanbiedinge vir hierdie koopmal-week.

VERJAARSDAE

Hartlik geluk aan elkeen wat tot 18 Januarie 2022 verjaar. Seënwense!

 

PREDIKANTE

25 November – Chris Bester, Ligkruis
7 Desember – Gideon du Toit, Lyttelton-Noord
18 Desember – Willem Esterhuizen, Witbank-Panorama
21 Desember – Frikkie Coetzee, Lux Mundi
21 Desember – Johannes van der Merwe, Alkmaar
22 Desember – Hancke van Blerk, Piet Retief
23 Desember – Adriaan van Tonder, Tzaneen-Wolkberg
23 Desember – Raymond Kramm, Ligkruis
25 Desember – Ian Dubery, Moreletapark
25 Desember – Maartje van der Westhuizen, Elarduspark
31 Desember – Charl van Schalkwyk, Volksrust
1 Januarie – Eddie Le Roux, Witrivier
5 Januarie – Kobus Mey, Nooitgedacht
5 Januarie – Carine Botha, Krielpark
9 Januarie – Rika van Vuren, Middelburg-Suid
12 Januarie – Roedolf Botha, Pretoria-Oosterlig
13 Januarie – Dif Ehlers, Debruinpark-Ermelo
18 Januarie – Anandie Greyling, Pierre van Ryneveld

EMERITI

28 November – Marius Crouse, Goedgegun-Swaziland 2009

29 November – Jan Roos, Volksrust 2002

8 Desember  – Pieter Poley, Paardekop 2004
9 Desember  – Leon du Toit, VGKSA Embhuleni 2012
11 Desember  – Danie Haasbroek, Moreletapark 2015
12 Desember  – Johann Fourie, Pretoria-Faerie Glen 2010
19 Desember  – Niekie Rothmann, Meyerspark 2019
25 Desember  – Hendrik Groenewald, Groblersdal 2020
26 Desember  – Cliff van Vuren, Dennesig 2014
2 Januarie – Wikus Jacobs, Hendrina 2003

GEMEENTES

23 November – Alkmaar (64)
24 November – Middelburg-Suid (70)
1 Desember  – Burgersfort (65)
3 Desember  – Amersfoort (154)
3 Desember  – Graskop (89)
7 Januarie – Lydenburg (172)
7 Januarie – Nelspruit (84)
7 Januarie – Sabie (89)
9 Januarie – Roossenekal (137)

 

 

 

Francois Retief
Uitvoerende Amptenaar
uitamp@sinoos.co.za