21 September 2021

Familienuus 404

VANUIT DIE SINODEHUIS

Waar sou Jesus in hierdie tragedie wees?

‘n Land se mense lees geskok van die tragedie in Nieu-Seeland. Hoe is dit moontlik? Wat het fout geloop?

Ons sit Sondag in ons tuisgemeente. Die dominee praat hieroor – hierdie gesin was ons lidmate. Die tweeling is hier gedoop. Ons mense ken hierdie pragtige gesin. Ons dominee se woorde raak op…

Ons word stil. Ons huil in ons harte. Die kerkklok lui. God is hier teenwoordig…

‘n Ouerpaar kom vorentoe. Hulle twee seuntjies dra versigtig aan ‘n klein baba-sussie. Dis doop. Die seuns steek hulle hande saam met die dominee in die doopwater. Die Here sê “Ek het julle van kleintyd af al lief…”

Ons sing “my enigste troos in lewe en dood is dat ek aan Jesus Christus behoort” se verse. Nooit weer sal ek hierdie lied kan sing sonder om aan drie dogtertjies, én ‘n pa, én ‘n ma, in ‘n ver land te dink nie.

Waar sou Jesus in hierdie tragedie wees? By Graham en Lauren Dickason. By die familie en vriende. By die mediese personeel en polisie wat op die toneel was. Só leer ons Hom ken in die Evangelies: altyd dáár waar die nood is. Sy hart krimp ineen waar mense ly. Hy huil saam waar woorde nie moontlik is nie…

Francois Retief

LERAARS

André de Villiers het vanaf Kathu by Valleisig as leraar begin. Welkom!

Derick Claassens vanaf Rensburg in Heidelberg word op 3 Oktober in Meyerspark bevestig.

Gouws van Zyl van Tzaneen emeriteer aan die einde van September.

Ons bid vir ons kollega van Rayton, Chris Lötter en sy vrou, Sandra. Sandra het baie slegte nuus oor haar gesondheid ontvang en begin nou met intensiewe behandeling. Ons harte is met julle…

 

BESTMED

Ons mediese fonds het besonderhede oor die premies vir 2022 aan lede gestuur. Hier is ‘n opsomming van die verskillende opsies se premies. Die voordele van elke opsie is in die dokument wat lede ontvang het.

BESTMED 2022
  HOOFLID VOLW AFHANKLIKE PER KIND
Beat 1 NN 1 746 1 354 734
Beat 1 N 1 570 1 220 661
       
Beat 2 NN 2 133 1 656 898
Beat 2 N 1 919 1 491 807
       
Beat 3 NN 3 239 2 301 1 250
Beat 3 N 2 914 2 073 1 127
       
Beat 4 NN 5 062 4 181 1 251
       
Pace 1 4 242 2 980 1 071
       
Pace 2 6 026 5 909 1 329
       
Pace 3 6 918 5 569 1 190
       
Pace 4 8 642 8 642 2 025
       

 

 

 

POPI-WETGEWING

Op ons webwerf het ons ‘n skakel na ‘n dokument wat gemeentes as die POPIA-dokument van die gemeente kan gebruik. Kyk op die hoofblad by “dokumente” – die POPIA-dokument is daar. Voeg die gemeente se naam in – en julle het ‘n werksdokument.

Baie belangrik: julle moet hierdie dokument nou deeglik deurwerk. Kerkrade is verantwoordelik dat dit gedoen word – dis nie iets wat jy sommer net vir die administratiewe beampte kan gee nie. Daar moet besluite oor werkwyses en beleid geneem word. Verder moet hierdie dokument baie gereeld – waarskynlik maandeliks – deurgeblaai word om te verseker dat al die boksies afgemerk kan word.

 

 POPI

Hoe gebruik julle wagwoorde om julle data te beskerm? Is dit sterk wagwoorde? Wie ken almal hierdie wagwoorde? Dalk te veel mense? Verander julle die wagwoorde van tyd tot tyd? Hoe maak julle as daar personeelwisseling van leraars en kantoorpersoneel is om te verseker dat net gemagtigde persone toegang tot die gemeente se data het?

ONS WEBWERF EN SINODEHUIS-PERSONEEL

Ons maak ons posbus toe. Met die ineenstorting van die poskantoor se dienste maak dit nie meer sin om die koste van ‘n posbus aan te gaan nie. Daarby het e-pos die meeste “harde kopie” dokumente vervang. Indien daar wel iets is wat nie op hierdie wyse gestuur kan word nie, moet u asseblief een van die lae koste koerierdienste gebruik. Ons fisiese adres hiervoor is NG Kerk Oostelike Sinode, Jan Albertsstraat 1, Val de Grace, Pretoria 0184.

Die NG Kerk se Jaarboek 2022 kan nou bestel word by Bybel-Media. Hierdie boek is kantoorpersoneel en leraars se “Google Maps” wat hulle help om hulle weg te vind.

Onthou asseblief om die inligting op ons webwerf te benut www.sinoos.co.za .

Leraars en kerkkantore kan met groot vrymoedigheid die personeel kontak om advies, raad, hulp, ondersteuning – ons help graag. Ons telefoonnommer is 012 804 9543.

FINANSIëLE STATE 2020/21en SINODALE BYDRAES

Die 3de kwartaal sinodale bydrae rekeninge gaan eers in Oktober uitgestuur kan word vanweë die vertraging in die ontvangs van finansiële state van gemeentes. Hierdie rekeninge sal dan ook die normale 3de kwartaal aansuiwerings aansluit. Gemeentes wat maandeliks oorbetaal, kan voortgaan met die huidige maandelikse betalings.

Ons het groot waardering vir elke gemeente wat steeds getrou hulle deel aan die gesamentlike werksaamhede van Oostelike Sinode oorbetaal. Daarmee ondersteun ons die CMR en getuienisaksies in Swaziland en Mosambiek. Ons rus leraars by die Predikantekonferensie toe vir die bediening. Ons laat ons stem hoor by die verskillende platforms van die kerkverband. Ons gee om, help, adviseer, bemoedig, verwelkom en groet kollegas.

PRODUKTE en TOERUSTING

Dr Petrus Moolman – vroeër van Ligkruis – het ‘n dokument geskryf oor die impak van Covid19 op ouer volwassenes.

‘n Aanlyn konferensie oor missionale kerkwees word op 29 September gehou. Ons gee meer inligting.

Fritz Gaum bring die elektroniese Christelike Kernensiklopedie (eCKE) opnuut onder ons aandag met die versoek dat ons dit self sal gebruik en ook in ons gemeentes bekendstel. Dit is GRATIS beskikbaar by www.ecke.co.za.

Bybel-Media hou Bybel-maand. Kyk hier vir al die verskillende moontlikhede as jy graag ‘n Bybel wil aankoop vir jouself of as geskenk vir iemand anders.

VERJAARSDAE

Hartlik geluk aan elkeen wat tot 11 Oktober verjaar. Seënwense!

 PREDIKANTE

25 September – Gouws van Zyl, Tzaneen
1 Oktober – Tielman Roux, Hendrina
5 Oktober – Neels Marais, kerksondermure
6 Oktober – Luné Dorfling, Ermelo
7 Oktober – Andre Fitzgerald, Pretoria-Faerie Glen

EMERITI

22 September – Paul Lübbe, Lux Mundi 2019
23 September – Neels Du Plessis, Garsfonteinpark 1997
26 September – Johan de Witt, Kapelaan-Generaal SAW 1998
27 September – Koos le Roux, Pretoria-Garsfontein 2017
28 September – André Botha, Pretoria-Oosterlig 2016
2 Oktober – Erik Brits, Sabie 2019
5 Oktober – Freek Swanepoel, Skuilkrans Pretoria 2004
7 Oktober – Wentzel Coetzer, Pretoria-Garsfontein 2002
9 Oktober – Frans Steenkamp, Witbank-Suid 2021
9 Oktober – Theo Maré, Volksrust-Suid 2004

 

GEMEENTES

30 September -Witbank-Klipfontein (53)
3 Oktober – Pierre van Ryneveld (37)
4 Oktober – Hendrina (105)
8 Oktober – Chrissiesmeer (94)

 

Francois Retief
Uitvoerende Amptenaar
uitamp@sinoos.co.za

 

 

  

Francois Retief
Uitvoerende Amptenaar
uitamp@sinoos.co.za