6 Oktober 2020

Familienuus 387

VANUIT DIE SINODEHUIS

Die eerste reën begin val – lekker!

Mag jou bediening vol wees van die nuwe energie wat jy daar insit. Mag die Here jou seën met vrug op jou werk.

Francois Retief

 

LERAARS

Ons kollega, Jan Venter van Pierre van Ryneveld, het ‘n beroep na Clarens ontvang.

 

PENSIOEN : STERFTEVOORDELE EN BENOEMINGSVORM

Ons het ‘n dokument saamgestel wat die situasie uitspel wanneer ‘n leraar in die bediening te sterwe kom. Ek hoop jou familie kry dit nie gou nodig nie…

Van jou familie gepraat: ‘n voltooide benoemingsvorm is naas jou testament die heel belangrikste dokument. Ons heg hierdie dokument ook aan.

 

TERS

Ons gee twee dokumente met inligting oor die TERS-aansoeke. Maak by julle ouditeur seker wat julle posisie hieroor is.

 

InPas

Die NG Kerk het diep oortuigings oor ons missionale kerkwees. Daar is ‘n span wat besig is om uitvoerig hieraan aandag te gee. Ons gee hier inligting wat tydens die onlangse vergadering van die ASM beskikbaar gestel is. Frikkie Coetzee van Lux Mundi is die voorsitter van ons Sinode se span wat hiermee werk. Kontak hom gerus by fcoetzee@luxmundi.org.za .

 

ONDERSTEUNING

Ons Sinodehuis se personeel werk weer meestal vanaf die Sinodehuis. Ons beperk tans die kantoorure vir besoekers tot 08:00 – 13:00.

Onthou asseblief om die inligting op ons webwerf www.sinoos.co.za te benut.

 

COVID19 VLAK 1

Ons het inligting ontvang rakende die voorskrifte tydens vlak 1 ten opsigte van kerklike aktiwiteite. Ons heg die Staatskoerant aan asook ‘n mooi uiteensetting wat deur Wes-Kaapland voorberei is. Skakel steeds met jou plaaslike owerheid en SAPD om met mekaar uitklaring hieroor te kry.

 

DATUMS 2021

Ons gee ‘n lys van kerklike dae in 2021 vir gebruik in die opstel van julle kalender. Met vanjaar se deurmekaar-dae is die goeie nuus dat dit lyk asof Kersfees steeds vir 25 Desember beplan word…

 

BESTMED

Ons gee die inligting wat ons vanaf Bestmed ontvang het ten opsigte van die nuwe jaar se premies en voordele.

 

 

TOERUSTING

Bybel-Media se nuusbrief hou ons op datum met die nuutste publikasies. Lees meer oor die verskeidenheid Bybels wat in Bybeljaar 2020 uitgegee word.

Toerustingsgeleenthede is deesdae volop. Ons gee hier skakels na seminare en materiaal:

Brugbediening

Tienerbediening

Begeleiers van ‘n Bedieningsdiagnose in Gemeentes

 

SUID-AFRIKAANSE RAAD VAN KERKE

Die strukture van die SARK het in die onlangse verlede nie lekker gefunksioneer nie. Hulle is besig om die los drade weer op te tel. Die NG Kerk is deel van die SARK – en daar is ‘n versoek dat elke Sinode persone sal stuur om ‘n byeenkoms op 3 November in Kemptonpark hieroor by te woon.

Indien jy hierin belangstel, kan jy die Sinodehuis kontak. Ons help jou graag met besonderhede hieroor.

 

ONS VIER GRAAG SAAM VERJAARDAG – BAIE GELUK!

PREDIKANTE

6 Oktober – Luné Pauley, Ermelo, lulupauley@gmail.com
7 Oktober – André Fitzgerald, Pretoria-Faerie Glen, afitzgerald@telkomsa.net
9 Oktober – Frans Steenkamp, Witbank-Suid, fsteen@absamail.co.za
13 Oktober – Marius van Rooyen, kerksondermure, mariusvanrooyen@vodamail.co.za
15 Oktober – Jurgens de Jager, Witrivier, dsjurgens@ngwitrivier.co.za
26 Oktober – Emile Rademeyer, Doornkloof, emile@dkfk.co.za

EMERITI

7 Oktober – Wentzel Coetzer, Pretoria-Garsfontein 2002, wentzel7@mweb.co.za
9 Oktober – Theo Maré, Volksrust-Suid 2004, cormare@gmail.com
15 Oktober – Johan Dill, Monumentpark-Wes 2009, johan.dill@gmail.com
17 Oktober – Dolf Kruger, Moreletapark 2015, dolfprkruger@gmail.com
17 Oktober – Jaco van Rooyen, Middelburg 2018, jcvanrooyen@vodamail.co.za
18 Oktober – Andries Louw, Sinodale Getuienisforum 2011, andries@anelouw.co.za
22 Oktober – Pieter Conradie, Witbank Korrektiewe Dienste 2002, cantica@lantic.net
22 Oktober – Gert Reinecke, Pierre van Ryneveld 1998, 072 840 0712
25 Oktober – Jacob van der Merwe, Ohrigstad 2012, jsdvdm@gmail.com
26 Oktober – Bennie Wolvaardt, Pretoria Oosterlig 2010, bennie@veritascollge.com

GEMEENTES

8 Oktober – Chrissiesmeer, ngchrissiesmeer@vodamail.co.za (93)
13 Oktober – Bronkhorstspruit, ngbhs@penta-net.co.za (115)
18 Oktober – Witbank-Panorama, kantoor@ngpanorama.co.za (38)
26 Oktober – Carolina, ngkerkcarolina@gmail.com (131)
26 Oktober – Rietkuil, ngkriet@lantic.net (52)

 

Francois Retief
Uitvoerende Amptenaar
uitamp@sinoos.co.za

laat u ryk