VANUIT DIE SINODEHUIS
Goeiedag! Ons vertrou dit gaan met jou nog voorspoedig.
Dit is ‘n vreemde, onbekende wêreld waarbinne ons nou leef. Niemand kon ons hierop voorberei nie. Ons is onrustig oor wat dit alles vir ons kan inhou. Ons is nie mooi seker hoe kerk-wees nou moet lyk nie.
Te midde van dit alles gaan ons voort om die gemeentes van die Here Jesus Christus te wees. Dis waartoe ons geroep is. En dit is wat ons gaan doen…
Francois Retief
VAN DIE SINODALE DIENSRAAD…
Ons Sinodale Diensraad het verlede week hierdie omgee-skrywe gestuur. Gebruik dit asseblief in gemeentes soos julle die beste weet.
Die Sinodale Diensraad se lede is in die laaste fase van telefoniese gesprekke met die gemeente-leraars van ons Sinode. Ons hoor groot waardering oor hierdie inisiatief.
Ons moet een deurlopende saak in die gesprekke hoor: dit gaan soms met ons kollegas ook nie so baie maklik in hierdie tyd nie. Ons kan nie doen waaraan ons gewoond is nie. Die alleen-wees word partykeer ‘n bietjie kwaai. Kom ons versorg mekaar deurentyd. ‘n Telefoonoproep kan reuse waarde hê. Wie gaan jy vandag skakel?
PROJEKTE
Ons moes die Predikantekonferensie van 1 – 5 Junie kanselleer. Ons is besig om met Sanparke te reël om ons bespreking aan te skuif na 2021. Sanparke se kantore wat met groepsbesprekings werk, is net gedeeltelik oop. Dit is effe onduidelik hoe alles werk met ‘n groepsbespreking soos dié wat ons vir die konferensie doen. [Dis anders as met ‘n individule bespreking.] Ons gee die inligting soos ons dit kan bekom.
ALGEMENE SINODE
Gustav Claassen het hierdie skrywe aan gemeentes gerig.
CMR
Die geskiedenis wat nog geskryf moet word oor hierdie tyd, sal uitwys dat die CMR een van die “heldinne” van die stryd was. Die verhale oor die waagmoedige optrede van maatskaplike werkers om te gaan waar ander nie wil gaan nie, om naby aan mense te kom en om kos en klere en hulp van alle soorte te gee – dis eenvoudig verstommend!
Ons het die hoogste waardering en agting vir ons Sinode se missionale vennote.
Lees CMR-verhale van Silverpark, Gauteng-Oos en “Lock Down 2020“.
LERAARS
JZ de Jager moes op 5 April by Nelspruit bevestig word.
Ben Blom van Belfast het einde April geëmeriteer.
Louis Fourie van Marble Hall se diensooreenkoms is einde April beëindig.
Carine Botha van Blinkpan het ‘n beroep na Krielpark ontvang.
Ons vertrou dat julle almal eersdaags kan verskuif en kan aankom waar julle moet wees!
ONDERSTEUNING
Ons Sinodehuis se personeel kan nog steeds nie op kantoor wees nie. Ons probeer almal om sover moontlik navrae te hanteer. Die beste manier om kontak te maak, is deur ‘n e-pos te stuur. Die besonderhede is as volg:
Uitvoerende Amptenaar Francois Retief uitamp@sinoos.co.za
Argief, Huweliksbevestigers en Lidmaatregisters Elna de Bruyn argief@sinoos.co.za
Algemene navrae Tersia Petzer ontvangs@sinoos.co.za
Bedryfsbestuurder Cathy Odendaal finans@sinoos.co.za (Cathy werk tans vanuit Nieu Seeland waar sy en haar man steeds “vasgevang” sit.)
Finansies Neels Nothnagel boekhou@sinoos.co.za
Ons probeer om die Sinodehuis so normaal as moontlik te laat funksioneer.
Onthou asseblief om die inligting op ons webwerf te benut www.sinoos.co.za .
KERKKANTORE EN HULPPROJEKTE
Ons kry gereeld navrae vanaf leraars en kerkkantore oor die regulasies wat nou geld.
Dit is nie moontlik om ‘n antwoord te gee wat in elke dorp en plek en gemeente gaan werk nie. Wat by een padblokkade aanvaar word, is nie noodwendig goed genoeg by ‘n volgende nie. Die realiteit wat ons ook in die oë moet kyk, is dat die kerk nie die sterk organisasie van vroeër is wat kan reël en sy sin kry nie. Ons Algemene Sinode se mense praat waar enigsins moontlik – maar ons moet die beperking hiervan verstaan.
Dus: kerkkantore kan nie tans oop wees nie. Help personeel om van die huis af te werk. Gebruik die tegnologie om dit moontlik te maak. Daar is vroeër genoem dat salarisse by kantore betaal kan word – doen dit sover moontlik ook van die huis af.
Die hulpprojekte van ons gemeentes kom ook onder druk van amptenare wat allerlei regulasies wil toepas. Die heel beste is as ‘n gemeente ‘n netwerk met die plaaslike owerhede, die SAPD, die CMR en met ander gemeentes kan vorm. Dis geen waarborg nie maar dit kan dalk help. Wat duidelik word, is dat die uitdeel van voorbereide kos ‘n probleem skep vir die owerhede wat na gesondheidsregulasies kyk. Dit kan ‘n mens verstaan. Kospakkies en koopbewyse werk op party plekke beter.
Die belangrike is dat gemeentes nie nou moedeloos word nie. Hierdie is ‘n langtermyn-aksie. Ons moet steeds onthou hoekom ons ander mense wil help. Ons moet voortdurend ons diep oortuigings oor “wat sou Jesus nou doen?” besoek.
Van die Sinodehuis – wat nou ook ons eie huise geword het – se kant gee ons nuwe inligting deur so gou as wat ons dit ontvang.
TOERUSTING
Bybel-Media versprei talle produkte wat vir leraars, gemeentes en lidmate van hulp kan wees. Besoek gerus hulle webwerf en plaas ‘n bestelling. Dit sluit ook die NG Kerk se Jaarboek 2020 in.
eKerk bied ‘n aanlyn-gesprek aan wat die vreemde realiteite maar ook die moontlikhede van die situasie waarin ons nou is, gaan oordink.
VERJAARSDAE
PREDIKANTE
5 Mei – Jan Potgieter, Belfast, janhendrik@lantic.net
11 Mei – Van Wyk Fischer, Silvertonkruin, vanwykfischer@gmail.com
15 Mei – Louis Fourie, Marble Hall, louisfourie2008@hotmail.com
17 Mei – Jean Strydom, Nelspruit-Suid, jean@ngnelspruitsuid.co.za
18 Mei – Sebastiaan van Dyk, Lux Mundi, svandyk@luxmundi.org.za
19 Mei – Ronel Coertzen, Chrissiesmeer, ronel1905@gmail.com
21 Mei – Sas Conradie, Pretoria-Oosterlig, ggncoord@gmail.com
22 Mei – Willem Nortjé, Komatipoort, ngkomati@gmail.com
22 Mei – Marius Swart, Nelspruit-Westergloed, marius.swart1@gmail.com
EMERITI
5 Mei – Adrio König, Prof Unisa Sistematiese Teologie 1996, adk@3gi.co.za
8 Mei – Danie Dreyer, Tygerpoort 2016, danie.dreyer51@gmail.com
12 Mei – Barend Piek, Graskop 2008, beertjie@polka.co.za
12 Mei – Wielie van Wyk, Middelburg-Suid 2018, hanelievw@gmail.com
13 Mei – Petrus Moolman, Ligkruis 2015, lafras@mweb.co.za
18 Mei – Frans Conradie, Florida 2003, franscon@lantic.net
19 Mei – Jannie van Eeden, Groblersdal 2013, dsveeden@lantic.net
23 Mei – Floors Ellis, Meyerspark 2008, floorsellis@lantic.net
23 Mei – Nita van der Merwe, CWR Direkteur 2008.
GEMEENTES
6 Mei – Belfast, ngkbelfast@lantic.net (121)
11 Mei – Nooitgedacht, ngnooit@gmail.com (44)
12 Mei – kerksondermure, hvanaswegen@ksm.co.za (34)
14 Mei – Midrand (Halfweghuis), saakgelastigde@ngkerkmidrand.co.za (51)
19 Mei – Tzaneen-Wolkberg, ngwolk@mweb.co.za (44)
20 Mei – Dennesig, dennesig@xsinet.co.za (29)
Francois Retief
Uitvoerende Amptenaar
uitamp@sinoos.co.za