VANUIT DIE SINODEHUIS
Die kerkjaar help ons om sistematies oor al die aspekte van die Evangelie-boodskap na te dink. Dis nou Lydenstyd.
Ons hoor van God se liefde vir ‘n wêreld, ‘n mensdom, wat nie geweet het watter kant toe nie. God gryp in met sy liefde. Hy gee sy Seun. Hy plant sy kerk. Hy gee die sakramente van doop en nagmaal om sy liefde aan ons te bevestig.
En nou word dit ons roeping om hiermee te leef, dit te vertel, dit te wys, dit te vestig in ons gemeentes en in ons eie lewens.
Mag Lydenstyd vir julle kosbaar wees.
Francois Retief
BUITENGEWONE SINODESITTING
Ons hou ‘n Buitengewone Sinodesitting op 2 April 2020 by Pierre van Ryneveld. Die Sinodale Diensraad het hierdie besluit geneem nadat die Ringe van Witbank en Lydenburg formele versoeke hieroor gerig het. Die Ontwerpspan van die Sinodale Diensraad is tans besig om die dag se verloop te beplan.
Ons beoog om die elektroniese weergawe van die Sakelys vir hierdie Buitengewone Sinodesitting in die loop van volgende week aan gemeentes te stuur.
Die Sinodale Diensraad het besluit dat hierdie ‘n geslote vergadering sal wees. Dit beteken dat slegs die primarius-afgevaardigde (of die sekundus indien die primarius nie teenwoordig kan wees nie) in die vergaderlokaal sal kan wees. Daar sal dus geen lede van die media of enige ander besoekers teenwoordig kan wees nie. Die vergadering sal ‘n verklaring opstel wat aan die einde goedgekeur en uitgereik sal word.
Ons gee weer besonderhede oor verblyf-opsies in die omgewing van Pierre van Ryneveld vir diegene wat dit nodig het.
Hierdie is ‘n uiters belangrike vergadering. Sal julle asseblief bid dat die Here ons deur sy Gees sal lei?
PROJEKTE
Ons reëlings vir ons Predikantekonferensie van 1 – 5 Junie is volstoom aan die gang.
Leraars het reeds skrywes oor die akkommodasie ontvang. Dis lekker om te sien hoe die besprekings flink inkom. Ons sperdatum vir die besprekings is 27 Maart. Gou spring – Letaba se luiperd wag vir niemand nie…
Die NOVO PARTNERSHIP van gemeentes wat in Mosambiek betrokke is, vergader op 16 April om 10:00 by Skuilkrans-gemeente.
Carl Louwrens vertel meer:
Kerkleiers van die IRM bring ons op hoogte van die situasie in Mosambiek en fokus in besonder op die werk van die Igrecia de Reformada em Moçambique, Novo Sinode.
Hierdie is ‘n besondere geleentheid om bande te smee met leraars van die IRM en kontak te maak met ander gemeentes wat ook in Mosambiek werk. Nooi gerus almal waarvan julle bewus is wat in Mosambiek betrokke is uit na die byeenkoms.
Ons kollegas uit Mosambiek het heelwat reëlings wat hulle moet tref vir hulle koms na Suid- Afrika. Bevestig dus asseblief vóór of op 9 April of jy die vergadering sal bywoon (Carl Louwrens: crl@telkomsa.net / Tersia Petzer : ontvangs@sinoos.co.za
GEMEENTES
Dankie vir die almanakke wat ons reeds ontvang het. Stuur gerus julle gemeente s’n – ons maak ‘n mooi uitstalling daarvan.
LERAARS
Welkom aan ons nuwe kollega Meyer van Wyk wat op 1 Maart by Piet Retief begin het. Meyer was tot nou leraar van Diamantveld.
Henry Green (27716717467@vodamail.co.za) – voorheen van Witbank-Vallei – se vrou, Mien, is in Februarie na ‘n lang siekbed oorlede. Sterkte, Henry.
ONDERSTEUNING
By www.sinoos.co.za kan jy ‘n magdom inligting kry.
Personeel wat in hierdie dae besig is met vergoeding-sake kan op ons webwerf hulp kry oor skale, die Ontvanger van Inkomste se somme asook pensioenberekenings.
Ons webwerf is jou eerste bron van inligting.
Finansiële beamptes moet nou fyn lees:
Die formaat van die finansiële state van gemeentes vir 2019/20 het drasties verander. Die dokument word nou na elke gemeente gestuur. Dit is die enigste dokument wat gebruik mag word. Kommunikeer asseblief baie duidelik met ouditeure en rekenmeesters hieroor. Ons heg die dokument ook hierby aan.
Ons het ook hierdie jaar die finansiële state tweetalig gemaak. ‘n Gemeente se state gaan na die Ontvanger van Inkomste, na ‘n bank, na die Belastingvrystellingseenheid en dalk nog ‘n paar ander plekke ook. Ons het terugvoer vanaf gemeentes ontvang omdat hierdie instansies nie altyd ons “slegs Afrikaans”-state kan gebruik nie.
Dis weer daardie tyd van die jaar wat ons kerkkantore met die Inventaris-vorm moet besig raak. Hierdie is ‘n wetlike voorskrif.
SWAZILAND
Kyk gerus by https://www.facebook.com/SHBCARE/ om meer oor die werksaamhede van Arnau van Wyngaardt in Swaziland te wete te kom.
TOERUSTING
Bybel-Media versprei talle produkte wat vir leraars, gemeentes en lidmate van hulp kan wees. Besoek gerus hulle webwerf en plaas ‘n bestelling. Dit sluit ook die NG Kerk se Jaarboek 2020 in.
“Ons toets nie mense se kennis, ervarings of godsdienstige gewoontes nie. Ons wil vir mense ʼn raamwerk gee om hulle te help om sin te maak van hulle geloofslewe,” sê Nico Simpson oor ‘n nuwe produk van Bybel-Media. Lees gerus meer hieroor.
Excelsus vertel van VBO: nuut en geïntegreerd.
Excelsus gee besonderhede oor daardie baie belangrike VBO-punte. Die proses om dit te laai, het verander. Daar is ook ‘n handleiding oor die verwerwing van hierdie punte.
Excelsus gee ook vars inligting oor Lentekonferensie 2020.
Missie Japan vertel oor Lydenstyd.
VERJAARSDAE
Ons het ‘n week se Familienuus oorgeslaan en wens sommige kollegas “agteruit” geluk!
PREDIKANTE
5 Maart – Elza Meyer, Moreletapark, elza@turn2god.co.za
5 Maart – Wouter van Wyk, Tygerpoort, wouter@ngtyger.com
7 Maart – Sias Meyer, Dosent UP, sias.meyer@up.ac.za
13 Maart – Johann Meylahn, Dosent UP, johann.meylahn@up.ac.za
15 Maart – Carl Schoeman, Phalaborwa, schoeman.cs@gmail.com
18 Maart – Ronnie Stanton, Pretoria-Garsfontein, rastanton1@gmail.com
20 Maart – Jim De Villiers, Witbank, jimdvilliers@mweb.co.za 27823718716
21 Maart – André Bartlett, Dosent UP, andre.bartlett@up.ac.za
21 Maart – Arline Meyer, Pierre van Ryneveld, arline@pvr.co.za
21 Maart – Johan Taute, Lux Mundi, jtaute@luxmundi.org.za
23 Maart – Pieter Malherbe, Barberton, pietermalherbe1@gmail.com
23 Maart – Herman Matthee, Debruinpark-Ermelo, herman@ngdebruinpark.co.za
23 Maart – Giepie Peens, Ohrigstad, gieppeens@gmail.com
23 Maart – Francois Retief, Oostelike Sinode, uitamp@sinoos.co.za
24 Maart – Dieter De Bruin, Pretoria-Faerie Glen, debruindieter@gmail.com
25 Maart – Koos Kriel, Alkmaar VGKSA, kooskriel40@gmail.com
27 Maart – Willem Badenhorst, Moreletapark, willem@moreleta.co.za
28 Maart – Nati Stander, Witrivier, nati@stander.co.za
EMERITI
3 Maart – Kobus Bezuidenhout, Dir Godsdienssorg Korrektiewe Dienste 1998, kobez@mweb.co.za
3 Maart – Steyn van Heerden, Nelspruit-Suid 2009, dsjs@vodamail.co.za
5 Maart – Petrus Etsebeth, Sekhukhuneland 2000, kantoor@lantic.net
7 Maart – Johann Ernst, Doornkloof 2016, jhernst@tiscali.co.za
12 Maart – Kobus Minnaar, NGKA Hlanganani 1988, jsaminnaar@mweb.co.za
20 Maart – Johnnie Grobler, Kragveld 2017, johniegrobler@gmail.com
22 Maart – Petrus Loots, Silverton 1983, 27824696330
30 Maart – Daan Botha, Tzaneen-Wolkberg 2010, botha.ria13@gmail.com
GEMEENTES
9 Maart – Barberton, ngkbtn@mweb.co.za (131)
9 Maart – Middelburg, kantoor@witkerk.co.za (153)
9 Maart – Ohrigstad, ngkerkohrigstad@gmail.com (67)
15 Maart – Hazyview, ngkantoor@hazycom.co.za (45)
20 Maart – Nelspruit-Suid, ngnelspruitsuid@telkomsa.net (56)
PERSONEEL
25 Maart – Elna de Bruyn, Oostelike Sinode, argief@sinoos.co.za
Francois Retief
Uitvoerende Amptenaar
uitamp@sinoos.co.za