19 November 2019
VANUIT DIE SINODEHUIS
Dis die tyd van Kerssangdienste. Gelowiges jubel dit uit: die Goeie Nuus het hier tussen ons gebeur. Sy Naam is Immanuel. Hy is die Verlosser. Hy maak ons nuut. Hy gee die lewe.
Laat ons met alles wat in ons is, sing!
Francois Retief
KERSBOODSKAP
Ons voorsitter, Dirkie van der Spuy, se Kersboodskap is hier beskikbaar.
GEMEENTES
Ons buitelandse Susterskerk in Mosambiek, die IRM, vertel vir ons van ‘n baie spesiale skool met ‘n lang verbintenis met die kerk. Dankie, Carl Louwrens, vir hierdie mooi verhaal…
“Die Trichard School for Christian Education in Maputo (met twee verdere satellietkampusse waarvan een in Matola is), is die vlagskipskool van ons susterskerk in Mosambiek, die IRM (Igreja Reformada em Moçambique) Novo Sinode. Dit is ‘n skool wat veral deur buitelanders vir hul kinders gekies word vanweë die skool se Christelike grondslag, goeie dissipline, hoë kwaliteit onderrig en buitemuurse prestasies.” Lees meer…
Vir julle 2020 kalender:
Ons Sinodesitting volgende jaar is geskeduleer vir 18 – 21 Oktober 2020.
LERAARS
Chris Zietsman van Tzaneen is reeds ‘n tydjie in die hospitaal waar die medici nog spook om vas te stel wat hy onder lede het.
Die Predikantekonferensie by Letaba vind plaas op 1 – 5 Junie 2020 met dr Brand Pretorius as spreker.
Ons heg die nuwe traktementskale vir leraars hierby aan.
Ons heg hier ‘n opsomming aan van Bestmed se verskillende opsies – ons hoop dit help met die keuses wat hierdie tyd van die jaar uitgeoefen moet word. Let asseblief op dat sommige van hierdie opsies moontlik nie vir jou beskikbaar mag wees nie. Skakel met Bestmed hieroor.
ALGEMENE SINODE
Die Algemene Sinode se Moderamen (ASM) het verlede week in Benoni vergader. Dit is ‘n vergadering van 50+ persone – met 5 afgevaardigdes uit elke Sinode. Oostelike Sinode word hier verteenwoordig deur Dirkie van der Spuy, Jurgens de Jager, Maartje van der Westhuizen, Jorrie Potgieter en Francois Retief.
Tydens hierdie geleentheid is Maartje van der Westhuizen verkies om op die Moderatuur (die “Dagbestuur) van die ASM te dien. Baie geluk! En dankie ook aan Dirkie van der Spuy en Elize Bezuidenhout wat in die vorige termyn hier gedien het.
Die ASM het ‘n afvaardiging van Sinode Goudland ontvang en ‘n baie goeie gesprek gehad. Die uitkoms hiervan is ‘n skrywe waarin daar verduidelikende notas oor die 2019 Sefdegeslagverbintenisse-besluit gegee is. Die verklaring is hier aangeheg.
Die Kapelaan-Generaal van die Weermag het die vergadering besoek. Hy het in die inleiding van sy toespraak sy waardering uitgespreek teenoor diegene wat voorheen as kapelane jongmanne in uniform geestelik bedien het – en het spesifiek verwys na die grens-oorlog in Suidwes-Afrika en Angola. Dit was ‘n mooi moment.
TOERUSTING
Bybel-Media versprei talle produkte wat vir leraars, gemeentes en lidmate van hulp kan wees. Besoek gerus hulle webwerf en plaas ‘n bestelling..
Bestelvorm vir Kerkjaarboek 2020
Klik hier om die bestelvorm vir Kerkjaarboek 2020 af te laai. Die bestelling word direk aan Bybel-Media gestuur soos op die vorm aangedui.
Excelsus gee besonderhede oor ‘n volgende Liturgie-werkswinkel. Hierdie een fokus op Adventstyd.
PUK-Kandelaar vertel van hulle eerstejaarskamp.
Jakaranda Kinderhuis vertel van hulle baie gewilde Liggiefees.
Dr Jan Botha stel ‘n kursus in pastorale opleiding, berading en gemeenskapsdiens bekend.
VERJAARSDAE – PREDIKANTE
22 November – Johan Koen, Burgersfort, koenj@intekom.co.za
25 November – Chris Bester, Ligkruis, jxkids@gmail.com
VERJAARSDAE – EMERITI
19 November – Eugen Kruger, Skuilkrans 1997, ellakruger@mailsurf.co.za
19 November – Koos Louw, Hho-Hho Swaziland 1993, kalouw@gmail.com
21 November – Rikus Geyer, Adjunk Uitv Hoof Bybelgenootskap 2011, rikusgeyer7@gmail.com
21 November – Gawie Jordaan, VGKSA Lepelle 1995, dibukeng@absamail.co.za
28 November – Marius Crouse, Goedgegun-Swaziland 2009, marius.crouse@gmail.com
29 November – Jan Roos, Volksrust 2002.
VERJAARSDAE – GEMEENTES
22 November – Kragveld, ngkragveld@gmail.com (40)
23 November – Alkmaar, ngkerk@alkmaar.co.za (62)
24 November – Middelburg-Suid, admin@midsuid.co.za (68)
1 Desember – Burgersfort, ngkerkburgersfort@telkomsa.net (63)
Francois Retief
Uitvoerende Amptenaar
uitamp@sinoos.co.za