29 Oktober 2019
Familienuus 370
VANUIT DIE SINODEHUIS
Saterdag 2 November is die Oostelike Sinode 40 jaar oud. Oostelike Sinode is méér as net die Sinodehuis en sy personeel. Oostelike Sinode gee méér as advies en is méér as 'n sinodesitting elke paar jaar. Dit is selfs méér as die Predikantekonferensie in die Wildtuin.
Oostelike Sinode is 'n geloofsfamilie. Dis die manier waarop ons 84 gemeentes oor onsself en oor mekaar dink. Daarom hou ons mekaar vas.
Miskien sê Paulus dit die beste:
"Ek dank my God altyd oor julle vir die genade wat Hy in Christus Jesus aan julle geskenk het…" [1 Kor 1:4]
"Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink. In al my gebede bid ek altyd met blydskap vir julle almal, omdat julle van die eerste dag af tot nou toe saamgewerk het aan die verkondiging van die evangelie. Ek is veral oortuig daarvan dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom." [Fil 1:3 – 6]
"Ons dank God altyd vir julle almal wanneer ons in ons gebede aan julle dink. Sonder ophou bring ons dan voor God ons Vader in herinnering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus." [1 Tess 1:2-3]
"Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank ons Hom altyd vir julle omdat ons gehoor het van julle geloof in Christus Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges." [Kol 1:3-4]
Die volgende 40 jaar? Die liggaam van Christus – sy kerk – sy volgelinge – dié sal bly. Weer Paulus: "Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom." [Fil 1:6]
Hartlik geluk!
Francois Retief
GEMEENTES
Vir julle 2020 kalender:
Ons Sinodesitting volgende jaar is geskeduleer vir 18 – 21 Oktober 2020.
Die Predikantekonferensie by Letaba vind plaas op 1 – 5 Junie 2020 met dr Brand Pretorius as spreker.
Ons Sinodale Diensraad het ons geskeduleerde vergadering vorentoe geskuif en vergader nou op 4 November.
CMR Mpumalanga stuur hierdie verhaal van hoop.
LERAARS
Johann Voges van Chrissiesmeer maak hierdie week klaar by die gemeente. Hy tree af by Sedgefield.
Bestmed is die mediese fonds met wie die vier Transvaal sinodes 'n ooreenkoms het. Hulle bied in Oktober die geleentheid om van 'n ander fonds te skuif na Bestmed sonder enige wagtydperk. Skakel gerus vir Connie Venter by 012- 472 6317.
Kobus de Leeuw van Middelburg-Suid het 'n beroep aangeneem na Humansdorp-Oos.
TOERUSTING
Bybel-Media versprei talle produkte wat vir leraars, gemeentes en lidmate van hulp kan wees. Besoek gerus hulle webwerf en plaas 'n bestelling.
Bestelvorm vir Kerkjaarboek 2020
Klik hier om die bestelvorm vir Kerkjaarboek 2020 af te laai. Die bestelling word direk aan Bybel-Media gestuur soos op die vorm aangedui.
Excelsus gee besonderhede oor 'n volgende Liturgie-werkswinkel. Hierdie een fokus op Adventstyd.
Excelsus se 2020 program word ook hier aangeheg.
VERJAARDAG – OOSTELIKE SINODE 40 JAAR
Op 2 November 2019 is ons Sinode 40 jaar oud.
Ons het 'n 3 minuut video gemaak om ons Sinode se verjaardag onder gemeentes se aandag te bring. Gebruik dit gerus in volgende Sondag se erediens.
VERJAARSDAE – PREDIKANTE
30 Oktober – Peter Malan, kerksondermure, peter@3d-acts.com
1 November – Chris Jacobs, Lyttelton-Noord, chrisfjacobs@gmail.com
5 November – Danie Langner, Lyttelton, danielangner@fak.org.za
13 November – Leon Westhoff, Elarduspark, leonwesthof@ngelarduspark.org.za
14 November – Louis Pienaar, Nelspruit-Suid, louis@ngnelspruitsuid.co.za
17 November – Peet Boshoff, Witbank, boshoffphb@telkomsa.net
VERJAARSDAE – EMERITI
Die jaarlikse emeriti-byeenkoms word op Woensdag 6 November by Skuilkrans gehou. Hierdie is altyd 'n heerlike geleentheid –volle besonderhede is hier beskikbaar. Kom kuier saam!
29 Oktober – Peet Grobbelaar, Moreletapark 2011, peetgrob@bigpond.com
30 Oktober – Johann Voges, Chrissiesmeer, jvoges@mweb.co.za
5 November – Hendrik Saayman, Moreletapark 2017, hendrik@dieplan.org
VERJAARSDAE – GEMEENTES
29 Oktober – Kloofsig, ngkerkkloofsig@gmail.com (55)
29 Oktober – Valleisig, kantoor@valleisig.org.za (130)
31 Oktober – Middelburg-Kanonkop, ngmidkanon@telkomsa.net (46)
1 November – Komatipoort, ngkomati@gmail.com (57)
2 November – Oostelike Sinode, uitamp@sinoos.co.za (40)
3 November – Malelane, ngmalela@mweb.co.za (63)
6 November – Pretoria-Oosterlig, info@oosterlig.co.za (44)
13 November – Machado-Boven, kantoor@ngboma.com (107)
15 November – Lydenburg-Suid, suidlyd@intekom.co.za (50)
16 November – Tzaneen, ngtzan@mweb.co.za (73)
16 November – Merlindale, ngmerlindale083@gmail.com (70)
17 November – Gravelotte, nggravelotte@gmail.com (68)
18 November – Doornkloof, kantoor@dkfk.co.za (46)
Francois Retief
Uitvoerende Amptenaar
uitamp@sinoos.co.za