17 September 2019
Familienuus 367
VANUIT DIE SINODEHUIS
Die tyd voor 'n Algemene Sinode was nog altyd bietjie meer onstuimig. Só onthou ek dit van vroeg in my bediening al.
Dis nou weer só. Ons gaan besin oor dinge wat die wese van ons kerk raak. Ons gaan die Evangelie van Jesus Christus diep in ons harte moet bêre. Ons gaan nuwe insigte moet ontwikkel oor die rol van die NG Kerk in 'n Suid-Afrika wat dit nou nie maklik het nie.
Dis natuurlik deurlopend waar van elke gemeente, kerkraad, leraar en lidmaat. As ons ernstig is oor die koninkryk van God – dan is ons gebed steeds "laat u ryk, Heer, in ons, deur ons, oral kom!"
En die wonder is dat God hierdie gebed antwoord en sy volgelinge lei om elke dag, altyd en oral, te sê "hier is ek, Here…"
Francois Retief
GEMEENTES
Weer iets oor daardie GROOT BOEKE in julle kluis/onder die verhoog/in kartondose iewers…
Baie dankie vir al die gemeentes wat reeds reageer het. Gee asseblief GROOT AANDAG aan hierdie versoek…
Ons is besig met 'n groot poging om die belangrike registers van gemeentes te bewaar. Die realiteit is dat baie gemeentes nie meer weet watter registers hulle het of waar dit is nie. Dit het eintlik uit ons leefwêreld van elke dag verdwyn.
Die inligting daarin is egter nog baie relevant vir vandag. Dit gebeur nou gereeld dat mense wat wil emigreer, die inligting oor hulle voorgeslag nodig het.
Ons versoek: stuur asseblief vir ons Sinodehuis die lidmaatregisters, doopregisters en huweliksregisters.
Huweliksregisters was volgens wet deur gemeentes bygehou tot in 1974.
Reël dat iemand wat omgee hierdie projek in julle gemeente aanpak. Ons kan steeds bewyse van lidmaatskap uitreik namens die gemeente van lidmate wie se name slegs in die boeke is. Elna de Bruyn (argief@sinoos.co.za) in ons kantoor kommunikeer met die gemeentes hieroor.
Ons is ook besig om inligting te kry oor die moontlikheid om hierdie registers te laat skandeer sodat dit elektronies bewaar kan word.
Witrivier se baie bekende reekse – wat wyd en syd in die land gebruik word – het 'n nuweling bygekry: 'n 20 – 20 visie – om soos God te kyk…
LERAARS
Stephan van Greunen van Nelspruit en sy gesin verhuis na Kanada waar hy in die Presbiteriaanse Kerk sy bediening gaan voortsit.
Erik Brits emeriteer 31 Oktober maar het reeds sy afskeidsdiens by Sabie op 15 September gehou.
Marnus Geyser van Dennesig het 'n beroep na Marchand aanvaar.
Arline Meyer is op 15 September by Pierre van Ryneveld as leraar bevestig.
Die gesinne van Greta Müller en André Peasley van Moreletapark verhuis albei eersdaags na Nieu-Seeland.
Christian Oberholzer van Elarduspark is onlangs getroud – baie geluk!
EKOLOGIENAWEEK
Breek weg vir ’n opwindende, stimulerende EKOLOGIENAWEEK saam met prof Erik Holm 22-24 November 2019. Meer inligting en inskrywingsvorm is hier beskikbaar. Kyk gerus na 'n paar foto's.
STRUWIG EKO-NATUURRESERVAAT
Hier is die kans waarop ons hoërskoolkinders gewag het. Kom bring die Septembervakansie op hierdie wonderlike reservaat deur. Dis 'n fantastiese geleentheid om die natuur te leer ken by mense wat regtig wéét. Die kos is heerlik, die swembad is koud, die diere is naby – dis sommer net lekker! Hier is die besonderhede oor jou vakansieweek.
Ons gee ook inligting oor 'n geleentheid vir leraars om Struwig van nader te leer ken.
ONS EKOLOGIE-SPAN PREEK OOK!
Ons gee weer die skakel na die preeksketse van die Ekologiespan. Hierdie entoesiastiese span help ons om uit die Woord besig te raak met God se skepping.
2 Petrus 1
Esegiël 47
Johannes 4 (Kinderdiens)
Johannes 4
ALGEMENE SINODE
Die Sakelys van die sitting in Oktober is beskikbaar by http://ngkerk.net/sinode2019/
Die beswaarskrifte wat oor die SGV-besluite dien, is op ons webwerf beskikbaar. Dis 'n 571 bladsye dokument!
Nelis Janse van Rensburg het 'n skrywe gestuur oor die tema van die Algemene Sinode – 'n Lewegewende verskil.
Die mense wat met simboliek kan werk, het 'n besonderse logo ontwerp vir die Algemene Sinode se vergadering. Dis baie mooi…
Ons afgevaardigdes na die sitting van die Algemene Sinode het Saterdag 14 September vergader om saam deur die dik agenda te blaai ter wille van oriëntering oor die groot verskeidenheid sake wat bespreek gaan word. Ons het ook ernstige voorbidding gedoen vir hierdie belangrike vergadering.
Die Sinodale Diensraad wil graag al ons gemeentes oproep tot getroue gebed voor en tydens die vergadering. Doen asseblief moeite hiermee tydens eredienste en in gebedsgroepe.
Lourens Bosman van die Algemene Sinode se kantoor het 'n skrywe gestuur vir die aandag van leraars en lidmate. Dit handel oor die belangrike sake waarby die kerk betrokke is asook die toekoms van die NG Kerk. Lidmate, leraars en Kerkrade se insette hierso is belangrik. Hierdie keer handel dit oor "Hoe lyk die toekoms van die NG Kerk?"
Die Algemene Sinode het twee verklarings uitgereik – oor geweld asook oor vreemdelingehaat.
TOERUSTING
Ons gee graag inligting oor die mpa se komende konferensies asook Willem Nicol se Spirituele begeleiding-kursus.
Die Bybelgenootskap vertel van hulpmiddels wat van waarde kan wees in ons huidige sosiale krisisse in Suid-Afrika.
Bybel-Media vertel van hulle dagbeplanners en dagboek en LiG gesels oor die nuwe uitgawe van hierdie tydskrif.
VERJAARDAG – OOSTELIKE SINODE 40 JAAR
Op 2 November 2019 is ons Sinode 40 jaar oud. Ons gaan hier herinneringe uit die ouer dae opdiep. Moet nooit die waarde daarvan om julle gemeente se geskiedenis te vertel en weer te waardeer, onderskat nie. Gesels gereeld oor die "groot dinge wat God gedoen het…"
Ons reis hierdie week tot op die grens met Swaziland en loer by Piet Retief in..
VERJAARSDAE – PREDIKANTE
17 September – Willem Boshoff, Skuilkrans, boshows@mweb.co.za
20 September – Bennie Mostert, Moreletapark, bennie@benniemostert.com
22 September – Paul Lübbe, Lux Mundi, jpahml@gmail.com
25 September – Gouws van Zyl, Tzaneen, gouws177@gmail.com
VERJAARSDAE – EMERITI
20 September – Johann van Schalkwyk, Lynnwoodrif 2012, jvs202@gmail.com
23 September – Neels Du Plessis, Garsfonteinpark 1997, neels@greatbrakriver.com
26 September – Johan de Witt, Kapelaan-Generaal SAW 1998, jdewitt@globex.co.za
27 September – Koos le Roux, Pretoria-Garsfontein 2017, jacobacleroux@gmail.com
28 September – André Botha, Pretoria-Oosterlig 2016, andrebothasa@gmail.com
VERJAARSDAE – GEMEENTES
30 September – Witbank-Klipfontein, admin@ngklipfontein.co.za (51)
Francois Retief
Uitvoerende Amptenaar
uitamp@sinoos.co.za