21 Mei 2019
Familienuus 361
VANUIT DIE SINODEHUIS
Iemand vra my: "help gesprek met mekaar ons enigsins?" Dis 'n billike vraag. Die vinnige reaksie kan wees: "die alternatief is te erg om eers oor te dink…"
Die Bybel is tog vol gesprekke: God en mens; gelowiges en hulle Vader in die hemel; gelowiges met mekaar; gelowiges met diegene wat nog buite staan…
Dis tog hoe dit werk in ons huise en in ons verhoudings. Dis seker een van die dinge waarmee predikante die meeste besig is. Gesprek gee nuwe insigte. Gesprek bring mense nader aan mekaar. Gesprek bring nuwe verhouding. [En as daar ‘n koppie goeie koffie ook betrokke is, nog soveel te meer!]
Dalk is die vraag watter diep oortuigings ten gronde lê van ons gesprekke. Goeie, lewensveranderende gesprekke vra nederigheid, openheid, eerlikheid, leerbaarheid, diepte, perspektief en aanvaarding van die ander – en 'n stewige kwota gebeds-gesprek met die Here aan Wie ons behoort…
Francois Retief
GEMEENTES
Rayton hou Sosatiefees eerskomende naweek.
Belfast het groot verjaardag gevier en vir ons foto's gestuur van hulle outydse erediens én die eetgoed.
LERAARS
Hierdie is laat nuus: in die Maartvakansie het Gerrie Bodenstein van Skuilkrans die groot stap geneem en met Annie in die huwelik getree. Baie geluk, julle!
SINODALE DIENSRAAD
Die Sinodale Diensraad vergader Donderdag – ons tweede vergadering van 2019. Tydens hierdie geleentheid ontvang ons 'n welwillendheids-besoek vanaf die Algemene Sinode se Nelis Janse van Rensburg en Gustav Claassen. Hierdie geleentheid word benut om inligting te gee oor ons gemeentes en sinode asook insette te maak oor die funksionering van die Algemene Sinode as kerkverband. Later in die dag ontmoet ons die leraars en leiers vanaf Moreletapark. Dis 'n vol agenda – ons bid vir wysheid en insig oor baie sake.
VERTEL JULLE STORIE MET 'N 90 SEKONDE VIDEO!
Lourens Bosman skryf dat die Algemene Sinode graag by die sitting in Oktober kort videos wil wys oor waar die NG Kerk se gemeentes aan die werk is en 'n verskil maak.
Ek het al die eerste video gesien – ons wag nog vir jou gemeente se verhaal.
Danie Mouton van Oos-Kaap het riglyne opgestel vir die maak van só 'n video met jou selfoon.
EXCELSUS
Ons het inligting ontvang oor die verskillende Excelsus-kursusse. Hierdie is 'n belangrike deel van elke leraar se voortgesette toerusting – gebruik dit gerus.
Brugbediening deur Malan Nel op 29 Julie – 2 Augustus en 4 – 7 November
AKTUEEL
CMR Gauteng-Oos vertel ons van die ontstellende realiteit van verslawing.
"Hoe berei ek my kind voor op toekomstige trauma" – die ontwikkeling van emosionele intelligensie – op 25 Mei deur Wentzel Coetzer.
TOERUSTING
Christelike Lektuurfonds het tans 'n reuse uitverkoping van hulle produkte.
Ons hoor by Bybel Media van Vadersdag-geskenke asook die nuwe uitgawe van LiG.
Die Taize–bediening in Suid-Afrika gee besonderhede oor geleenthede in die volgende paar maande.
VERJAARDAG – OOSTELIKE SINODE 40 JAAR
Op 2 November 2019 is ons Sinode 40 jaar oud. Ons gaan hier herinneringe uit die ouer dae opdiep. Moet nooit die waarde daarvan om julle gemeente se geskiedenis te vertel en weer te waardeer, onderskat nie. Gesels gereeld oor die "groot dinge wat God gedoen het…"
Ons oudste gemeente is Lydenburg – gestig in 1850. Ons jongste gemeente is Dennesig – gestig in 1991. En tussen hierdie twee lê daar tans 82 ander gemeentes wat elkeen besig is om 'n unieke voetspoor te trap vanaf die ooste van Pretoria tot in die Wildtuin en Swaziland en noordwaarts tot in Tzaneen en Phalaborwa en alles tussen-in.
Wat daarvan as ons meer vir mekaar begin bid? Kom ons eer die Here vir die werk van gelowiges oor geslagte heen in ons Sinode se gebied. Die vrug daarvan lê in mense se lewens.
VERJAARSDAE – PREDIKANTE
21 Mei – Sas Conradie, Pretoria-Oosterlig, ggncoord@gmail.com
22 Mei – Willem Nortjé, Komatipoort, ngkomati@mweb.co.za
22 Mei – Marius Swart, Nelspruit-Westergloed, marius.swart1@gmail.com
26 Mei – Doret Niemandt, Valleisig, doretmuller@gmail.com
29 Mei – Karin Steyn, Tygerpoort, bosch.karin@gmail.com
VERJAARSDAE – EMERITI
23 Mei – Floors Ellis, Meyerspark 2008, floorsellis@lantic.net
23 Mei – Nita van der Merwe, CWR Direkteur 2008
29 Mei – Johan Smit, Lyttelton-Oos 2003, smittiesnr@hotmail.com
30 Mei – Janus Roux, Elarduspark 2014, janusroux@globex.co.za
3 Junie – Gert Janse van Rensburg, Kimberley-Vooruitsig 1994, gertjvr@telkomsa.net
VERJAARSDAE – GEMEENTES
29 Mei – Meyerspark, ngmeyersparkfin@absamail.co.za (60)
3 Junie – Volksrust, ngkerk@volksrust.com (109)
VERJAARSDAE – SINODEHUIS
27 Mei – Tersia Petzer, Oostelike Sinode, ontvangs@sinoos.co.za
Francois Retief
Uitvoerende Amptenaar
uitamp@sinoos.co.za