Projekspan Seisoen van Menswaardigheid

Tydens die beplanningsvergadering toe die termyn van die huidige Sinodale Diensraad begin het, is menswaardigheid as die derde prioriteit geïdentifiseer. Verlede jaar, na so twee jaar van beplanning, het die Algemene Sinode die Seisoen van Menswaardigheid aangekondig en as een van die vyf groot prioriteite van die Sinode bepaal. Dit is 'n gesamentlike projek tussen die familie van NG kerke (VGKSA, NGKA, RCA, NGK).

Die doel van die Seisoen van Menswaardigheid is om die waardes van respek, luister, omarming en selflose liefdesdiens in die harte en gedagtes van die mense van Suid-Afrika te vestig, beginnende by die lidmate van die familie van NG Kerke.

Projekleier is Leon Westhoff  –  leonwesthof@ngelarduspark.org.za  /  012 345 1144 (k)

Projekspan is Leon Westhoff.

 

image_pdfimage_print