Projekspan Predikanteversorging

Herstel en vernuwing van die Kerk deur ondersteuning van die Leraars.

Die kerk is die antwoord vir ons land en al sy probleme. Ongelukkig is die kerk in 'n krisis en het daarom nie meer 'n groot impak op die land nie. Leraars is uitgebrand en moedeloos. Gemeentes verloor lidmate, vuur en invloed. Sommige gemeentes wat goed en suksesvol funksioneer het ook 'n behoefte om 'n groter impak te maak.

Die doel is om gemeenskappe en gemeentes te transformeer om toegewyde dissipels van Jesus te word deur te fokus op die leiers. Ons glo dat as 'n leraar se hart verander, sal sy gemeente en dan ook die gemeenskap verander. Slegs as die leiers se harte aan die brand is met God se vlam, sal daar herlewing in die kerke en in ons land kom.

In die lig van die fokus op predikante-versorging het die afgelope Sinode besluit om alle leraars in sy gebied by so 'n ondersteuningsgeleentheid te betrek.

Projekleier is Dirkie van der Spuy  –  dvdspuy@moreleta.co.za   /  012 997 8066

Projekspan is Letitia Purchase (mpa Koördineerder) en mpa Personeel; Sinode Personeel.

 

image_pdfimage_print