Projekspan Predikantekonferensie

Een van die twee fokusse van die Sinode is om 'n gesonde, gemotiveerde en toegeruste predikantekorps daar te stel. Dit is ook een van ons belangrikste waardes dat ons in die Sinode mekaar soos familie sal behandel en dat daar gesonde verhoudings onderling sal wees.

Die jaarlikse Sinodale Predikantekonferensie is 'n onmisbare middel waardeur die familiebande in ons Sinode gevestig en uitgebou word, soos wat die jare bewys het.  Die konferensie wil daarby drie dinge bereik: (i) om predikante 'n diep geestelike ervaring te gee waardeur hulle innerlik verfris en vernuwe word, (ii) om die toerusting te gee vir die bediening en (iii) om die persoon van die predikant te ontwikkel.

Projekspan is die Sinodale Diensraad.

 

image_pdfimage_print