Projekspan Pastor Pastorum

Ons predikante is onder druk as gevolg van veeleisende werksomstandighede en 'n samelewing wat drasties verander het.  Hierdie veranderings beïnvloed al die predikant se verhoudings – persoonlike sowel as professionele verhoudings.

Ons predikante is 'n belegging vir en sekerlik een van die belangrikste bates van ons kerk en daarom is dit nodig dat predikante omvattend en goed versorg sal word.

'n Pastor Pastorum bediening is een van die maniere hoe ons deur middel van pastores pastorum (met harte vir hierdie bediening) persoonlik by die pastorale versorging van predikante en hulle gesinne kan uitkom.  Daarom is dit belangrik dat goeie verhoudings oor langer tye tussen leraarsgesinne en hul pastors gevorm word.

Projekleier is Johannes van der Merwe :  ephesians321@me.com / 074 142 3456

Plattelands organiseerder : Johannes van der Merwe – ephesians321@me.com  / 074 142 3456

Stedelike organiseerder : Louis Louw  –  louisklouw@absamail.co.za  /  072 461 6633

Projekspan is 'n span van 25 – 28 predikante.

 

image_pdfimage_print