Projekspan Grensloos

Grensloos is 'n netwerk of handelsmerk waaronder alle jeug aktiwiteit van die Sinode plaasvind.  Dus bestaan Grensloos uit twee afsonderlike afdelings.  Aan die een kant gebeur daar projekte wat die huidige jeugkampe insluit.  Die kampe het tradisioneel afsonderlik gefunksioneer.  Met Grensloos word alle kampe belyn om dieselfde taal te praat en dieselfde visie te dra.  Die visie is om missionaal te dink en te werk asook om sterk geloofsvormend te werk op alle oorgange in jongmense se lewens.

Grensloos het ook 'n netwerk gedeelte, waar die platform geskep word dat ons wat bedienaars is van kinders en jongmense bymekaar kan leer, verhoudinge kan bou en hulpbronne kan uitruil.  Ons kan nie afsonderlik funksioneer nie en het mekaar nodig sodat ons as Kerk-familie vir mekaar die lewe makliker kan maak in terme van bediening.  Daarom is die netwerk gedeelte hiervan broodnodig.

Projekleier is Herman Matthee  –  hermanmatthee3@gamil.com  /  066 303 9759

Projekspan is Gerrit Vosloo (Ermelo) 083 382 2184, Anru Liebenberg (Nelspruit) 083 469 6783, Hardus van Niekerk (Middelburg-Suid) 082 493 4055, Hendrik Groenewald (Groblersdal) 076 832 1150

image_pdfimage_print