Projekspan Jeugkampe – Skoolverwisselingskamp

Skoolverwisselingskampe het hulleself deur die jare heen bewys as een van die sinvolste geleenthede wat die Kerk vir ons jongmense bied om hulle vir die veeleisende hoërskoollewe voor te berei en toe te rus.  Die hoërskool stel beslis toenemende hoë eise aan die kind.  Op hierdie tydstip wil die Kerk graag 'n helpende hand uitsteek om die ouer se begeleidingstaak te sterk met die oog op die aanpassings en uitdagings van die  hoërskool- en tienerlewe.

Baie kleiner gemeentes kan nie self kampe aanbied nie en dit voorsien in ‘n groot behoefte vir hulle.Die kamp word aangebied onder leiding van 'n span goed toegeruste en verantwoordelike personeellede. Dit vorm deel van ‘n reeks kampe wat begin by die Gr 5 en 6 leerders en deurgaan tot Gr 12.

(Vir alle graad 7 leerders)

Projekleier is Hendrik Groenewald  –  dsgroene@lantic.net   /   082 956 9106                  

Projekspan is Herman Matthee

image_pdfimage_print