Projekspan #Imagine

By die #Imagine byeenkomste word 'n klomp energie losgemaak en die projekspan wil graag sien dat hierdie energie gebruik word sodat tieners teruggaan na hul eie gemeenskappe en 'n verskil maak.

Dit is 'n geleentheid om tieners uit te daag om nuut te dink oor kerk, veral in wat beskou word as die "post-church" wêreld waarin hulle leef.

Dit bied aan tieners die geleentheid om iets van die groter transformasie en skakeling met medegelowiges te beleef.

Dit bied die moontlikheid om gemeentes in die sinodale gebied te help en te mobiliseer om betrokke te raak by hierdie beweging onder tieners.

Dit bied die geleentheid om gemeentes te help om momentum te behou nadat die kinders opgewonde terugkeer van die groot byeenkomste af.

Dit is 'n toekomsgerigte proses waarin daar in tieners se lewens ingebou word vir 'n nuwe koninkryksgerigte toekoms in die kerk.

Projekleier : Herman Matthee – hermanmatthee3@gmail.com / 061 386 6020
Lede van die Projekspan : Gerrit Vosloo, Anru Liebenberg, Hardus van Niekerk

 

image_pdfimage_print