om te dien en te gee en te wees …….

Retief F

Bruce Tulloh is 'n Britse atleet wat in die sestigerjare dwarsoor Amerika gehardloop het. In sy dagboek maak hy een aand hierdie mooi opmerking: "And here I am: between the fulfilment of one day and the promise of the next…"

Dis mooi gesê. Dit vertel van iemand wat gemaklik is met wat hy vandag gedoen het – en terselfdertyd uitsien na wat môre kan inhou.

Dit praat nogal met my missionale hart. Missionaliteit kom nie vanuit 'n posisie van "nie goed genoeg" of iets dergeliks nie. Missionaliteit groei vanuit die diep oortuiging dat ons elke dag doen wat ons kan – en dan uitsien na môre waar ons méér of beter of nog kan doen.

Gemeentes moet nie die missionale skuif maak met skuldgevoelens of vanuit 'n posisie van minderwaardigheid teenoor ander gemeentes nie.

Nee. Vandag leef ons vanuit die Evangelie van Jesus Christus. Dis hierdie Boodskap wat ons motiveer om te dien en te gee en te wees "met dieselfde gesindheid as wat daar in Christus Jesus was." En ons doen dit vandag en môre, hier en oraloor – want Jesus Christus is die Here!

Francois Retief
Uitvoerende Amptenaar:  Oostelike Sinode
20 April 2018

 

image_pdfimage_print