KORTNUUS 221

Geloofsreis vir Leraars

 

Die eerste rondte van die Geloofsreis vir Leraars saam met Gys van Schoor vind plaas vanaf 16 tot 19 Oktober in die rustige omgewing van Good Shepherd Retreat Centre by Hartebeespoortdam.

 

Hierdie is een van die maniere waarop Oostelike Sinode 'n bydrae maak tot die gesondheid van ons leraars.

 

Die verblyf is gemaklik en netjies en die kos heerlik!

 

Die enigste kostes wat leraars of gemeentes moet dra, is die verblyf en die reiskoste van die leraar.

 

Verblyfkoste beloop R1 800 per persoon.  Dit sluit in alle etes en verversings asook verblyf in 'n enkelkamer.

 

Die geld kan in die Sinode se rekening in betaal word.  Meld asseblief jou naam by die verwysing.

 

ABSA 

Rekening naam :  NG Kerk Oostelike Sinode

Rekeningnommer : 1420 146 562  

 

Laat weet ook asseblief vir Tersia by ontvangs@sinoos.co.za indien jy graag hierdie geleentheid wil bywoon.

 

Beste wense.

 

 

Francois Retief
Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

image_pdfimage_print