KORTNUUS 218 – Program Gys van Schoor

Oostelike Sinode fokus sterk op die verskil wat gemeentes in die gemeenskap behoort te maak. Ons glo dat hierdie missionale fokus 'n baie belangrike aspek van ons roeping is.

Om met so 'n proses te help, het ons vir Gys van Schoor gekry om oor 'n tydperk van 3 jaar 'n pad met gemeentes te stap.

Op Donderdag 10 Augustus (10:00 tot 13:00) word 'n Opedag saam met Gys by Lux Mundi aangebied. Hier word volledige inligting gegee oor die proses asook die ondersteuning wat gegee gaan word in die vorm van uitgewerkte materiaal. Daar sal ook voorbeelde van die materiaal te sien wees.

Ons heg die program van die dag vir jou hierby aan.

Die geleentheid is gratis. Al wat jy moet doen, is om vir Tersia by die Sinodehuis te bevestig dat jy kom. Skakel 012-804 9543 of e-pos ontvangs@sinoos.co.za.

Met die Lig na die gemeenskap!

 

Francois Retief
Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

image_pdfimage_print