Familienuus 372
3 Desember 2019 Familienuus 372 VANUIT DIE SINODEHUIS Sondag jaag 'n gesin met 'n groot toeter-rumoer – oor die sperstreep – by ons verby waar ons almal by 'n dooie verkeerslig besig is... lees meer ...
DIE KWESBAARHEID VAN KLEIN GEMEENTES
’n Handleiding vir gesprek
Die lot van klein gemeentes word meermale in terme van ’n krisis beskryf en wel as ’n oorlewingstryd. Soms word die term vasgelooptheid gebruik om sulke gemeentes mee te beskryf. Dit het waarskynlik daarmee te doen dat ons ’n geïdealiseerde beeld het van hoe gemeentes behoort te lyk en funksioneer. Hierdie geïdealiseerde beeld word meermale gevorm vanuit groot gemeentes met veelvuldige programme wat diversifiseer om almal se behoeftes aan te spreek. Indien die norm die die groot gemeente of voorstedelike bedieningstyl is, het klein gemeentes inderdaad ’n krisis. Indien die norm vir bediening een predikant per gemeente is, het klein gemeentes in baie gevalle ’n onoorkomelike probleem.
Salarisverpligtinge asook die onderhoud van die kerkgebou en pastorie skep haas onoorkomelike uitdagings. Ons sal ander maatstawwe en bedieningstyle vir klein gemeentes moet skep.
Klein gemeentes sal moet besef:
verhoudings te koester.
Bedieningsproblematiek
Die voortdurende stryd om oorlewing het ’n negatiewe impak op die predikant en die bedieningspatroon. Daarom het predikante in klein gemeentes ondersteuning nodig op spirituele gebied, sowel as bedieningspatrone in die praktyk. Klein gemeentes sukkel dikwels om ’n impak in die gemeenskap te maak, aangesien die bedieningspatroon slegs na binne gerig is.
Riglyne vir gesprekke
Een van die kenmerke van familie-groottegemeentes is dat hulle solank as wat dit moontlik is onafhanklik wil bly en is daarom gladnie bereidwillig is om met ander gemeentes saam te werk nie. Hulle trots en strewe tot selfbeskikking staan dikwels in die pad van oop en eerlike gesprekke met die oog op alternatiewe vir ’n voltydse predikant. Dit blyk dikwels dat gemeentes eers bereid is om na alternatiewe bedieningsmodelle te kyk wanneer hulle nie meer finansieel kan oorleef nie. Dit is asof die realiteit van moontlike ondergang die laaste uitweg open.
Dit wil voorkom of daar ’n leemte ontstaan het by kerkrade en ringsdiensrade om gemeentes in die proses van bedieningsvaardighede te begelei. Dit het daartoe gelei dat daar ’n behoefte ontstaan het aan praktiese uitvoerbare riglyne vir visitasie, pastorale begeleiding en induksieprogramme om kerkrade en ringsdiensrade te begelei en te bemagtig.
Die volgende vrae kan oorweeg word na gelang van die situasie in die gemeente:
Die volgende moontlikhede kan, na gelang van die behoeftes in die gemeente, oorweeg word om die kerk se deure oop te hou:
Hierdie is slegs konsepte wat aangevul, weggelaat of uitgebou kan word. Die opstel van ’n proforma aan die hand waarvan gesprekke by visitasie of ringsdiensrade se ondersoeke gevoer kan word, kan in samewerking met Kerkreg uitgewerk word.