Familienuus 349

Familienuus kop

UIT ONS SINODEHUIS

Familienuus kom vandag met 'n versoek.  'n Gebedsversoek.

Ek wil vra dat ons vir ons kerk sal bid. Daar is geen twyfel oor die feit dat die NG Kerk tans seerkry nie. Die koerante skryf hieroor. Sosiale media-platforms basuin dit uit.

Die redes hiervoor is kompleks en uiteenlopend. Vinger-wys en argumente gaan ons nie help nie. Ek dink ons kan ook nie onsself help nie.

Waarvoor moet ons bid?

Ons moet ons eie harte voor die Here gaan neersit. Hy moet dit suiwer, nuutmaak en vul met die volheid van God.

Ons moet die nood van ons kerk voor die Here neersit. Ons moet Hom vertel dat ons- saam met Hom – seerkry as die kerk belaglik gemaak word. Ons moet ons verbintenis tot die kerk bevestig.

Ons moet ons gemeentes en leraars voor die Here neersit. Dis hier waar geworstel word.  Dis ook hier waar die potensiaal van die kerk lê. Die verhale van God se kinders se dienende liefde kan inspireer en die koninkryk van God laat kom.

Ons moet ons volledig daartoe verbind dat kerkwees van begin tot einde oor die Here gaan. Dis sy eer wat op die spel is.

Sal jy saam met my bid?

Francois Retief   

 

OOSTELIKE SINODE HOU SINODESITTING

"Laat u ryk, Heer, in ons, deur ons, oral kom!"

Dis die lied waarmee ons mekaar gaan oproep tot gemeente-wees wat 'n verskil maak. Ons Sinode-familie gaan mekaar help om met nuwe visie, met ywer en energie, asook met 'n fokus op die eer van die Here sy kerk in hierdie Sinode te wees.

Ons sien mekaar op 21 – 23 Oktober 2018 vanaf 15:00 by Pierre van Ryneveld. Om 15:00 begin ons met registrasie, foto's, koffie en kuier. Die sitting begin om 17:00. Nagmaal is om 19:15.

Die gedrukte weergawe van die Agenda is Maandag ontvang. Ons bring dit saam na die sitting toe. Gemeentes wat hulle boeke vooraf by die Sinodehuis wil kom afhaal, kan reël dat ons dit gereed hou.

Die elektroniese weergawe van ons Agenda is steeds op ons webwerf beskikbaar.

Persone met spesiale eet-behoeftes moet dit asseblief dadelik met ons kommunikeer. Ons help graag maar ons moet betyds hiervan weet om dit aan die spyseniers deur te gee.

Oor ons geloofsbriewe: enige wysigings hieraan moet asseblief dadelik na Tersia by ontvangs@sinoos.co.za deurgegee word.

Maandagaand braai en kuier ons saam in Predikantekonferensie-styl!

Ons Sinodale Diensraad vra mooi asseblief dat gemeentes dit vir hulle afgevaardigde leraars en kerkraadslede moontlik sal maak om die hele sitting van die begin af by te woon. Ons begin Sondagmiddag reeds met 'n baie belangrike gesprek. Dieselfde versoek geld vir Maandag en Dinsdag tot middagete. Indien dit vir die primarius-afgevaardigde onmoontlik is om te kom, vra ons dat julle die sekundus sal stuur. Baie dankie!

Die fakture is reeds aan gemeentes gestuur vir die onkostes wat deur die gemeentes gedra word. Dit is hoofsaaklik die etes en enkele logistieke uitgawes. Die res word deur die Sinode self gedra. Dankie vir gemeentes wat hierdie betaling al afgehandel het.

PREDIKANTEKONFERENSIE 2019

Ons plek is bespreek! Volgende jaar gebeur hierdie baie spesiale deel van ons Sinode-wees op 10 – 14 Junie 2019 in Letaba. Teken dit sommer nou aan op die kalender. Dit is – soos tradisioneel – die week direk na Pinkster.

ALGEMENE SINODE 2019

Die datum van die volgende sitting van die Algemene Sinode is bepaal as 6 – 11 Oktober 2019 in Benoni.

GEMEENTES

Kerksondermure stel 'n Predikantspos by hulle gemeente bekend. Die besonderhede word hier aangeheg.

Elarduspark bied op 31 Oktober en 1 November 'n geleentheid aan waar professor Louis Jonker van Stellenbosch die boek Kronieke gaan behandel. Louis skryf "As 'n mens iets wil weet van hoe die Here se volk in veranderde en veranderende sosio-politieke en sosio-godsdienstige omstandighede 'n nuwe identiteit as volk van God gesoek het, moet jy Kronieke lees!"

Kontakinligting – asook die aantal VBO-punte ter sprake! – word hier aangeheg.

GESAMENTLIKE WERK

Bybel-Media  Hierdie week plaas ons inligting oor die bekende dagboek, Uit die Beek, asook 'n skrywe aan gemeentes en leraars deur Strydom Bruwer.

Christelike Lektuurfonds gee inligting oor vroeë-Kersfees aanbiedinge.

CMR MPUMALANGA

Ons vennoot in Mpumalanga het hulle Jaarverslag vir ons gestuur.

Kom ons sê sommer weer "dankie!" aan elke CMR-kantoor vir wonderlike dienswerk en toewyding. Ons is trots op elke maatskaplike werker wat die liefde, die hart, die omgee van Jesus Christus na ons gemeenskappe uitdra.

VERJAARSDAE

Geluk aan almal wat tot 29 Oktober 2018 verjaar.

Gemeentes:

13 Oktober – Bronkhorstspruit, ngbhs@penta-net.co.za (113)
18 Oktober – Witbank-Panorama, kantoor@ngpanorama.co.za (36)
26 Oktober – Rietkuil, ngkriet@lantic.net (50)

26 Oktober – Carolina, ngkerkcarolina@gmail.com (129)
29 Oktober – Kloofsig, ngkerkkloofsig@gmail.com (46)
29 Oktober – Valleisig, kantoor@valleisig.org.za (29)

Emeriti:

9 Oktober – Theo Maré, Volksrust-Suid 2004, cormare@gmail.com
12 Oktober – Gerard Booy, Daspoort 1996, gbooy@labrinet.com
15 Oktober – Johan Dill, Monumentpark-Wes 2009, johan.dill@gmail.com
17 Oktober – Dolf Kruger, Moreletapark 2015, dolfprkruger@gmail.com
18 Oktober – Andries Louw, Sinodale Getuienisforum 2011, andries@anelouw.co.za
22 Oktober – Pieter Conradie, Witbank Korrektiewe Dienste 2002, cantica@lantic.net
22 Oktober – Gert Reinecke, Pierre van Ryneveld 1998, 072 840 0712
23 Oktober – Hennie Grobler, Burgersfort 2003, hennierina.waterval@gmail.com
25 Oktober – Jacob van der Merwe, Ohrigstad 2012, jsdvdm@gmail.com
26 Oktober – Bennie Wolvaardt, Pretoria Oosterlig 2010, bennie@veritascollge.com
27 Oktober – Frikkie Olivier, Gravelotte 2013, hfolivier@vodamail.co.za
28 Oktober – Louis Brittz, Silvertonkruin 2007, ljbrittz@absamail.co.za
29 Oktober – Peet Grobbelaar, Moreletapark 2011, peetgrob@bigpond.com

Predikante:

9 Oktober – Frans Steenkamp, Witbank-Suid, fsteen@absamail.co.za
13 Oktober – Marius van Rooyen, kerksondermure, mariusvanrooyen@vodamail.co.za
15 Oktober – Jurgens de Jager, Witrivier, dsjurgens@ngwitrivier.co.za
17 Oktober – Jaco van Rooyen, Middelburg, jcvanrooyen@vodamail.co.za
21 Oktober – Arrie Preller, Komatipoort, arriep@swissmail.org
26 Oktober – Emile Rademeyer, Doornkloof, emile@dkfk.co.za
27 Oktober – Jaco Strauss, Nelspruit, veerkrag@gmail.com
28 Oktober – Otto van Heerden, Phalaborwa, ottovanheerden@absamail.co.za

Groete tot 30 Oktober 2018.

 

Francois Retief
Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

laat u ryk