Familienuus 355
12 Februarie 2019 Familienuus 355 VANUIT DIE SINODEHUIS Dis lekker om weer deur middel van ons Familienuus met mekaar te kan gesels. Die wye verskeidenheid van nuus sê iets van al die verskillende... lees meer ...
7 Augustus 2018
Familienuus 345
MET DIE LIG NA DIE GEMEENSKAP!
In hierdie week van Vrouedag pas dit ons om erkenning te gee aan die rol wat vroue in die kerk en in ons gemeentes gespeel het – en nog steeds speel.
Dit was Jesus wat die posisie van die vrou in die samelewing gekorrigeer het. Die eerste opstandingsgetuies was vroue. En sedert daardie dag het vroue getrou die Evangelie van die Opgestane Jesus vertel in woord en daad.
"Aan moedersknie" vertel van 'n ma wat getrou elke aand vir haar kinders van Jesus vertel het. Die Vroue-Sendingbond het gewerk met 'n diep oortuiging dat hierdie Evangelie vir alle mense bedoel is. Vrouebedienings het die voorbeeld gestel van Bybelstudie in kleingroepe. Hulle het gehelp, gebid en gegee.
Ons wat al bietjie langer in die bediening is, kan vertel van predikantsvroue wat nagte om voorberei het vir die volgende biduur of Kinderkransles of Bybelstudie-normaalklas.
Hierdie week eer ons ook spesiaal die persoon en bediening van elke vroue-leraar.
Francois Retief
–ooOoo–
Skolebediening: hierdie is net die geleentheid waarop leraars wat by skole betrokke is, jeugwerkers in gemeentes en skole – en sommer elkeen wat droom oor die geleentheid wat daar is om ons kinders in skole te bedien – gewag het!
Hier is die antwoord!
PREDIKANTE
Anel Pienaar, leraar van die gemeente Pretoria-Dowes, is na Skuilkrans beroep en word op 2 September hier bevestig.
PROJEKTE
Gys van Schoor skryf dat hy die geloofsreis nou ook vir die Hervormde Kerk se leraars gaan aanbied. Hy nooi ons leraars wat hierby sou wou inskakel om só te doen. Aangeheg is besonderhede van die 6 Maart en 21 Junie korrespondensie met die Hervormde leraars.
Baie belangrik: navrae hieroor moet nie aan die Sinodehuis gerig word nie – ons hanteer nie hierdie administrasie nie. Tersia het reeds korrespondensie aan die leraars op "ons" reis uitgestuur.
ONDERSTEUNING
Die Sinodehuis se personeel het almal verlof ingesit om 'n langnaweek te kan maak van 9 – 12 Augustus. Die kantoor is dus Vrydag gesluit.
Argief: Aangesien ons baie navrae kry uit die handregisterstelsel, wil ons weer 'n ernstige beroep op gemeentes doen om hul handregisters, doop- en belydende-lidmate asook Huweliksregisters (voor 1973) asseblief na die Sinodehuis te stuur vir veilige bewaring.
VERGADERINGS
Die Sinodale Diensraad vergader op 15 Augustus. Ons praat sinodesitting! Onthou dat prof Marius Nel van Stellenbosch ons gaan help om na te dink oor die koninkryk van God – missionaliteit altyd en oral!
Ons Predikante Pensioenfonds vergader op 16 Augustus. Dit gaan baie goed met ons fonds. Leraars behoort seker te maak dat hulle bydrae tot aftreevoorsiening jaarliks styg om tred te hou met inflasie. Sodoende maak jy verantwoordelike voorsiening vir jou aftrede. Onthou hierdie eenvoudige waarheid: "jou pensioen is nie 'n geskenk van jou werkgewer vir goeie diens gelewer nie – jou pensioen is die resultaat van jou beleggings oor tyd."
ALGEMENE SINODE
Dankdag vir Reën
Die Algemene Sinode oordeel dat 2 September as Dankdag vir die uitkoms wat die Here gegee het, geoormerk word. Uiteraard is hierdie meer van toepassing op ons suidelike sinodes maar as gelowiges deel ons in mekaar se lief en leed. Ons gemeentes kan dit ook inrig as 'n Gebedsdag waarin ons almal se afhanklikheid van die sorg van ons Vader verklaar en bely word.
GESAMENTLIKE WERK
Bybel-Media gee inligting oor die Kerkbode van 3 Augustus. Verder is daar nuus oor 'n nuwe produk met gesprekskaarte wat gesprek in groepe help. Dit klink opwindend!
CLF vier Vrouemaand met spesiale produkte.
CMR Gauteng-Oos se Winter-uitgawe van FamilieFokus word hier aangeheg.
Lentekonferensie 2018 vind plaas op 18 – 20 September. Die volledige programgids is hier beskikbaar.
EMERITI
Dr Rassie van Niekerk – wat in 2013 afgetree het as Pastorale hulp in Pretoria-Garsfontein – is op 5 Augustus oorlede. Die gedenkdiens is op Woensdag 8 Augustus om 11:00 by Pretoria-Garsfontein. Hy het destyds die bediening van baie dienspligkapelane beïnvloed met sy wysheid en deernis.
VERJAARSDAE
Geluk aan almal wat tot 20 Augustus 2018 verjaar.
Gemeentes:
7 Augustus – Lyttelton-Oos, ngk@lytteltonoos.org.za (60)
6 Augustus – Marble Hall, ngkmhall@lantic.net (67)
Emeriti:
17 Augustus – Jannie du Plessis, Elarduspark 2013, jjhduplessis@gmail.com
Predikante:
8 Augustus – JI De Wet, Pretoria-Oosterlig, ji@oosterlig.co.za
8 Augustus – Colin Smith, kerksondermure, csmith@ksm.co.za
14 Augustus – Carl Louwrens, Krugerwildtuin, crl@telkomsa.net
15 Augustus – Charl De Kock, Elarduspark, charl.dekock60@gmauil.com
15 Augustus – Hardus van Niekerk, Middelburg-Suid, hardus@midsuid.co.za
Groete tot 21 Augustus 2018.
Francois Retief
Uitvoerende Amptenaar
uitamp@sinoos.co.za