FAMILIENUUS 343

2018 FAMILIENUUS HEADER

19 Junie 2018

Familienuus 343

 

MET DIE LIG NA DIE GEMEENSKAP!

Ons lees Maandagoggend tydens ons Personeelbyeenkoms Psalm 148. Ek het nie getel nie, maar dis herhaling op herhaling: "Prys die Here!"

Ek wonder tog of ons verhouding met die Here genoeg hiervan bevat? Te veel keer vra ons "help ons" en "seën ons" – en dit word 'n verhouding ter wille van "ons."

Die Psalmdigter roep alles en almal op om die Here te prys. Ons het die Goeie Nuus ontvang; ons ken dié Jesus wat Kurios genoem word; ons sien sy handewerke in die natuur, ons sien dit ook in die lewens van mense om ons. Dit gaan oor Hom! Prys die Here!

Francois Retief

–ooOoo–

PREDIKANTE

Gert van der Merwe van Boksburg-Oos het die beroep na Lynnwoodrif aangeneem en word op 22 Julie daar bevestig.

GEMEENTES

Witrivier se "6 weke in Jesus se geselskap" is net wat jy nodig het vir die derde kwartaal.

JAARBOEKINLIGTING vir die Jaarboek 2019 is reeds na die gemeentes uitgestuur.  Dit moet hersien word en teruggestuur word na die Sinodehuis voor 30 Junie 2018. 

PROJEKTE

Skolebediening: as jy nie elke geleentheid benut om kinders in ons skole te bedien met die Evangelie van Jesus Christus nie, mis jy 'n baie groot deel van jou jeugbediening. Die vraag is: Hoe doen ek skolebediening?

Hier is die antwoord

ONDERSTEUNING

www.sinoos.co.za  – ons hoofblad bevat belangrike inligting vir elke gemeente wat wil beroep. Onder "Diensverhoudinge/diensooreenkomste" is daar ook hulpdokumente wat help met die proses. Cathy Odendaal het 'n hulpdokument ontwikkel wat sal help met die berekening van vergoedingspakkette. Hierdie dokument gaan baie van jou kopsere wegneem wanneer nuwe aanstellings gemaak word asook met begrotingstyd. Dis op die hoofblad onder "Diensverhoudinge/Diensvoordele."

Openbare Weldaad Organisasie Ons hoofblad het ook die baie belangrike dokument wat aan kerkkantore en finansiële beamptes versprei is onder "Finansies/SAID" vir die dringende aandag van elke kerkraad.

Die finansiële state van gemeentes moes op 15 Junie in gewees het. Baie dankie vir elke gemeente wat hiermee moeite gedoen het. Daar is 'n klompie uitstaande gemeentes – hou asseblief vir Cathy Odendaal – ons Bedryfsbestuurder – ingelig oor die datum waarop dit hier verwag kan word.

Finansiële state is vir die kerkraad 'n uiters belangrike werksdokument:

Dit bevestig aan die gemeente dat alles reg verloop het met die finansies.

Dit gee 'n in-diepte perspektief oor die stand van finansies – méér as net 'n banksaldo!

Dis die dokument wat die kerkraad benodig om in die Ontvanger van Inkomste se goeie boekies te bly.

VERGADERINGS

Ons Sinodesitting is op 21 – 23 Oktober 2018. Geloofsbriewe moet teen 30 Junie by die Sinodehuis wees asseblief. Kerkrade moet asseblief verseker dat afgevaardigdes die hele sitting sal bywoon. Dis die enigste manier waarop die kerkraad doeltreffend verteenwoordig kan word.

GEMEENTES AAN DIE WERK

Goeie Afrikaans in die kerk: "aankondig" of "afkondig?"

ALGEMENE SINODE

Uit die kantoor van die Algemene Sinode se Algemene Sekretaris kom 'n skrywe met onder andere die volledige voorlegging wat namens die NG Kerk gemaak is oor Grondhervorming.

GESAMENTLIKE WERK

Bybel-Media  se Nuusbrief word hier aangeheg. Hierdie week gaan dit oor LiG en die Kerkbode.

CLF se Nuusbrief kan hier gelees word.

Excelsus gee meer inligting oor hul Oggendsimposium: Nancy Schongalla-Bowman.  Inskrywingsvorm hier beskikbaar.

ANDER INLIGTING

Taizé-gemeenskap In 2019 word 'n weeklange samekoms van die Taizé-gemeenskap in Kaapstad deur die Algemene Sinode beplan.  Daar word beoog om sowat 6 000 jongmense by die geleentheid te betrek. Die byeenkoms sal fokus op kerkeenheid en die ekumeniese verhoudings. Dit is 'n kosbare geleentheid vir ons jongmense tussen 18-35. Lees gerus meer.

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika laat weet dat hulle verteenwoordiger hier in ons omgewing, Francois Sieberhagen, na die Kaap toe skuif. Charl de Kock, kapelaan gekoppel aan Elarduspark, neem nou hierdie verantwoordelikheid oor. Skakel gerus met Charl vir navrae oor die belangrike werk waarmee die Bybelgenootskap besig is.

Brugbediening word nou al 'n bekende konsep in die NG Kerk. Hierdie week is daar twee stukkies inligting hieroor: 'n kursus vir die opleiding van leraars vir hierdie bediening, asook 'n skrywe van Anton Doyer oor die afsterwe van Loren Mead en 'n nuwe Gidsboek.

VERJAARSDAE

Geluk aan almal wat tot 18 Junie 2018 verjaar.

Gemeentes:

28 Junie – Witrivier, kerkkantoor@ngwitrivier.co.za (77)
30 Junie – Silvertonkruin, silvertonkruin@absamail.co.za (43)
1 Julie – Elarduspark, kerkkantoor@ngelarduspark.org.za (43)

Emeriti:

19 Junie – Lalie Lombaard, CWR Direkteur 2002, laliebymelkbos@gmail.com
30 Junie – Gerrie Doyer, Witrivier 2016, gerrie@ngwitrivier.co.za
4 Julie – Manie Crouse, Malelane 2002, herman.crouse@vodamail.co.za
6 Julie – Bertie Driescher, Kemptonpark-Suurfontein 2000, bertisa@telkomsa.net   
8 Julie – Gawie Conradie, Estcourt 2014, ngestcourt@futurenet.co.za
11 Julie – JP Pienaar, Amsterdam 2014, jppienaar@telkomsa.net
13 Julie – Sampie Niemand, Meerensenn 2000, niemand.sampie@gmail.com
14 Julie – Adriaan van der Wart, Valleisig 2003, vanderwart@telkomsa.net
14 Julie – Phillip Venter, Skuilkrans-Pretoria 1995, 082 455 1491
16 Julie – Christo Longland, Goedgegun-Swaziland 2001, christo@qtnkerk.net

Predikante:

20 Junie – Charl Bredell, Premiermyn, charl.bredell@gmail.com
21 Junie – Arnau van Wyngaard, Shiselweni SRC, wyngaard@lando.co.za
22 Junie – Tertius Erasmus, Bronkhorstspruit, erasmus.tertius@gmail.com
25 Junie – Nico Swart, Skuilkrans, nico@skuilkrans.co.za
1 Julie – Annelize de Wet, kerksondermure, adewet@ksm.co.za
2 Julie – Erik Immelman, Midrand (Halfweghuis), erikjen@iafrica.com
7 Julie – Thinus Prinsloo, Carolina, mfprinsloo@gmail.com
9 Julie – Izak Liebenberg, Meyerspark, ilieb@absamail.co.za
9 Julie – Gawie Malan, Pretoria-Oosterlig, gglmalan@gmail.com
13 Julie – Henk Janse van Rensburg, Pierre van Ryneveld, henk@pvr.co.za
14 Julie – Zander van der Westhuizen, Tygerpoort, zander@ngtyger.com
15 Julie – Christiaan Ackermann, Silvertonkruin, christiaanack@gmail.com

Groete tot 24 Julie 2018.

 

Francois Retief
Uitvoerende Amptenaar

uitamp@sinoos.co.za

 

 

 

image_pdfimage_print