2018 vra diep oortuigings…

Retief Francois Tygerpoort_2016

Die jaar 2018 gaan ons oortuigings op baie verskillende maniere toets.

In die politieke arena is die laaste gevegte nog nie geveg nie – en in die proses gaan ons onseker word en dalk selfs ook bang…

Ekonomies lê daar moeilike tye voor – praat maar met sakemanne en salaristrekkers en boere…

Die kerklike omgewing het sy eie uitdagings – en al meer mense begin wonder hoe belangrik die kerk nou eintlik regtig is…

Hoe gaan ons as die gemeentes van Oostelike Sinode dan hierdie jaar in?

Ons sal baie duidelik moet wees oor ons diepste oortuigings. Net wanneer jy weet wie jy is en wat jy hier doen, sal jy dit kan maak.

Watter oortuigings?

  • ons diepste oortuigings oor die Evangelie van Jesus Christus: uniek, uit genade word ons gered, wie in Jesus glo, het die ewige lewe.
  • ons diepste oortuigings oor die rol van die kerk van Jesus Christus: geroep, uitgekies, volk van God wat Hom bely as die Here.
  • ons diepste oortuigings oor die verskil wat elke gemeente geroep is om te maak: sout en lig, lewegewend, uitreik na ander, met die Lig na die gemeenskap.
  • ons diepste oortuigings oor God "wat méér kan doen as wat ons kan bid of dink. (Efesiërs 3: 20)

Mag 2018 vir julle 'n mooi jaar wees.

 

Francois Retief

Uitvoerende Amptenaar: Oostelike Sinode

5 Januarie 2018

image_pdfimage_print