2018 PREDIKANTEKONFERENSIE

Hierdie jaar vind ons konferensie 'n week ná Pinkster plaas, naamlik vanaf 28 Mei tot 1 Junie 2018. Dit is weer by Letaba in die Krugerwildtuin.  Die konferensie word só ingerig dat aan toerusting, versorging en spiritualiteitsverdieping aandag gegee word. 

Ons aanbieder is professor Jan van der Watt. Hy doseer Nuwe Testament en gaan vir ons die Johannes-Evangelie ontsluit tot op die punt waar ons daaroor 'n preekreeks kan maak.

Jan skryf as volg oor ons geleentheid:

Hoe preek ons vandag oor die groot temas van die Johannes-evangelie?

"In die geskiedenis van die kerk het die Johannes-evangelie 'n groot rol gespeel.  Sonder hierdie besondere "geestelike evangelie" sou die kerk anders gelyk het en ons miskien anders geglo het.

Watter verskil maak hierdie evangelie aan ons geloof en ons siening van onsself en die wêreld?

Aan die hand van die groot temas van Johannes se teologie gaan ons stap vir stap kyk watter impak hierdie evangelie op vandag kan hê.  Daar gaan nie alleen na die teologie gekyk word nie, maar ook na maniere waarop daar oor die temas op 'n hermeneuties verantwoorde manier gepreek kan word.

Maak jou reg om met 'n lekker reeks preke oor die Johannesevangelie terug te gaan gemeente toe."

VOLLEDIGE INLIGTING EN INSKRYWINGSVORM is hier beskikbaar